Nog van die Spaanse lap…

En dan is dit klaar…

Die lap het sy oorsprong by n braai - om vir die Spanjaarde te wys hoe dit gedoen word in sonnige Suid-Afrika (al het dit honde en katte gereen)!

Die Spaanse antie sien toe die overlay wat ek vir die tafel gemaak het 600 jaar terug en wou opsluit presies dieselfde een he, maar ek fnuik haar (want ek het nie meer die patroon vir die spesifieke lap nie) en verf die een…  Sy was in die wolke en stuur toe sommer vir my die volgende opdraggie vir haar “villa”.  Die een, met suurlemoene en olywe gaan bietjie meer complicated wees, maar ek sien kans.

In die tussen tyd het my nuwe baas se vrou se maatjie in Engeland (London) uitgehak en 60 geword en daar is nou n nuwe muurbehangsel oppad na haar toe.  Iets heel anders, maar baie spesiaal!  (Photo’s to follow).

Nou ja… die laaste foto’s dan!

 

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Comments on “Nog van die Spaanse lap…”

  1. Zee Says:

    Dit is regtig awesome gedoen! Ek is mal oor sulke geverfde tafeldoeke.

  2. Wipneus! Says:

    Hi Koeksuster, jou lap het baie mooi gekom, ek doen ook graag die ding!! :D

  3. BB Says:

    Pragtig Koeksietjie!!
    Ek het vrek kunstige maaikies in die cyber węreld!!! Be proud, girl! (die naaste wat ek en die kinders aan ‘n tafeldoek gekom het was een vir ouma se tuintafel - ek het hulle laat hand- en voetspore trap daarop - ah well, at least issit ouma se favorite tafeldoek ;)

Comment: