Kragonderbrekings en Deadlines….
Ek weet Jaco sal weet presies waarvan ek praat…
Ek het n deadline… ek het n lap wat vandag moet klaar wees en ons is ge “load shed” - Saterdag 10am tot 2pm en - Sondag 10am tot 2pm.
Dis bietjie erg dink ek!!
Die groot probleem is nie die verf nie, n kwas kan jy met of sonder krag swaai, maar nou moet die lap aanmekaar gewerk word en die naaimasjies is nie so lekker op parafien nie. Dit noop my toe om tot in die vroee more ure te werk. Ek doen nie min slaap nie.
Die lap is klaar en absoluut pragtig. Ek is heel impressed. Die klient is hoogs tevrede - dis eintlik al wat saak maak, ne!!
All’s well that ends well, die probleem is net dat ons groot gedeeltes (8 ure per naweek) van jou lewe moet inboet omdat een of ander aap nie n besluit kon, of wou, neem 10 jaar terug nie. Maak mammie effens moerig!
Hoop julle het almal n wonderlike warm week.
Koeks
April 22, 2008 at 9:20 am
Weet jy wat worry my amper nog meer as beurtkrag Koeksietjie?? Die ‘ape’ wat 10-20 jaar terug ook nie global warming warnings ernstig opgeneem het nie… (en daar was intelligente westerlinge by betrokke). En ek is allesbehalwe ‘n doemprofeet en steur my nooit te veel aan swartgalligheid en oordrewe wetenskaplike predictions nie, maar hêl… hier komme ding!!
Laat my amper dink aan al die waarskuwings en goeie raad wat ek 20 jaar terug ook nie na wou luister nie… ek deel dit nou ruimskoots aan my kinders uit - en raai wat, dié wil wragtig ook nie hoor nie!! Die mens’dom’ darem
April 22, 2008 at 6:10 pm
Hoekom het jy nog nie weer nuwe pics van my engeltjie opgesit nie? Ek’s sommer kwaai met jou!!
April 23, 2008 at 6:39 am
Jy is reg BB, soms weet ons regtig beter, ons het mos op die harde manier geleer…
Da Mario, ek het nuwe foto’s van die kinders. Ek sal bietjie jou Ingeltjie “air”…
Lekker dag julle!!