Om gebesiel te wees!
Today’s Quote

To exist is to change, to change is to mature, to mature is to go on creating oneself endlessly.
Toe ek vanoggend hierdie enetjie kry, besef ek dit is presies wat besig is om met my te gebeur. Ek is besig om elke dag te werk aan “nuwe verbeterde ek”. Ek maak elke oggend n nuwe kopie van myself wakker, strompel stort toe, maak broodjies en klim in die kar - maar tog as n beter ek, vernuwing het ingetree. Ek wil wakker word, ek wil stort toe strompel en ek wil die dinge doen wat my vir n lang tyd ontbreek het.
Ses maande terug sou ek nooit kon raai dat n totale verandering in scenery vir my goed kon wees nie. Ek was mos gelukkig, vandag weet ek dat daar verandering moes kom. My kinders kom dit agter. My man is gelukkig en bo alles, tevrede met die lewe. Ons het nie meer “raging fights” in die huis oor iemand hulle stink sokkies in die gang gelos het nie. No more sweating the small stuff, en dit het te doen met een mens se attitude change. n Mens kan nie glo dat n Ma se invloed op n familie so groot kan wees nie - ek het dit nie geweet nie, en tog…
Ek dink my nuwe uitkyk op die lewe het te doen met die feit dat ek naby aan die huis werk, (5 minute - peak traffic), dat ek 4uur in die middag by die huis is (ek maak vir die eerste keer in jare vir my familie aandete), en dat ek gelukkig is in my werk. Baie gelukkig - die tipe geluk wat vir almal is om te sien en vir my om te geniet.
Ek dink ook my geluk het baie te doen met die feit dat ek weer kreatief kan besig wees en nou dat ek die geld nie meer nodig het nie, nodig soos in melk en brood nodig, nou stroom die bestellings behoorlik in. Ek kan regtig nie voor bly nie.
Daar is tevredenheid en sielsaligheid en geluk in my. Ek het my man weer terug, die ou wat grappies maak en uit sy maag lag. Ek het my kinders terug, vol twak en tjol, maar hulle is gelukkig (behalwe natuurlik vir Jeanne, sy is altyd oor iets ongelukkig - hehehe), en daar is vrede. Dit het lank gevat om hier te kom. Ons moes almal hard werk, en ons sal nog hard moet werk, want sover dit my aangaan is geluk soos die huwelik, as n man nie werk nie gaan jy nie ver kom nie, maar ons is gelukkig en dit wys!!
En dit is goed!
May 14, 2008 at 3:22 pm
Ek’s bly dit gaan so goed!
May 15, 2008 at 9:05 am
WAT IS ‘N HUIS SONDER ‘N GELUKKIGE MOEDER?!
May 15, 2008 at 11:59 am
Die beste ding in die lewe: geluk