Donderdag in Silverton…
Vir die maatjies wat nog nie weet nie, ek is damn bang vir ry op plekke waar ek nog nooit was nie.
Vandag… Silverton in Pretoria.
Ford stuur so ewe vir my n koerant vol aanwysings, daar word beduie en gewys. In die tussen tyd is daar holtetjies langs my bed gebid, want selfs met al die aanwysings en beduie is ek nog steeds verlore.
In die laaste 12 maande het ek baie goed geleer, een daarvan is dat al is my baas blind, weet hy presies waar hy heen gaan (soms maak dit my bang) – hy se ons is OK vir vandag en ek glo hom…. {volgende oproep van Bredasdorp…. hehehe}.
Tot more dan maatjies!
February 19, 2009 at 6:57 nm
Hoe lykit metti GPS?