Oor hartseer…
Ons het Vrydag regtig n hartseer dag beleef, en vanoggend toe ek by die werk se hekke inry besef ek eers hoe dit my gevang het.
Ons tuin tegnikus – Patrick (28) – het Donderdag aand n vinnige drinksessie (ons dink dalk meer as net dit) gaan beleef saam met van sy buddies, wat gelei het tot (ons dink) erger goed as net drank en ek bedoel nie dagga nie. Ons vermoed crack of iets.
Vrydag oggend kom maak hy toe skandes in die kantoor, gil en gaan tekere oor hoe sy lewe nie die moeite werd is nie. Van die manne onder in die kantoor het hom tot bedaring gebring, in die bed gesit en gewag dat hy uit pass sodat hy sy roes kan afslaap.
Nog is dit het einde niet….
Corle, wat op die oomblik hier by my werk, gaan uit om n dampie te slaan (soos 19 jariges mos maar maak) en daar is Patrick in die swembad. Hy swem te heerlik, spat en gaan aan. In n grap se iemand vir haar om n oog oor Patrick te hou omdat niemand weet of hy kan swem nie. So maak sy dan ook. Die volgende oomblik verdwyn hy onder die water. Sy hardloop in en kom vra of hy regtig nie kan swem nie, en hardloop weer uit want sy sien hom nie in die swembad nie.
Die mannetjies wat hom die oggend in die bed gesit het kom toe ook net by die swembad aan, neem haar onder kruis vehoor en een spring en en trek hom uit die swembad.
Lang storie kort, die paramedisie en al die mense op die erf probeer om Partrick weer by te kry, maar dit was hom nie beskore nie. Partrik sterf langs die swembad aan verdrinking 20 oor 12 Vrydag middag. Die hele drama, van begin tot einde, 1 uur.
Dit het Corle baie erg getref, sy het moeilik geslaap Vrydag aand.
Vanogged was al beter. Maar dis maar nie maklik nie…
Maart 9, 2009 at 1:08 nm
Haai shame, dit is nou n hartseer storie om te lees. My hart gaan uit na julle, en veral na Patrick se familie…
Arme Corle, ek hoop tyd bring genesing en dat sy ten volle sal herstel van die aaklige nagmerrie wat voor haar afgespeel het. Simpatie koeksie!
*hugz*
Maart 9, 2009 at 1:12 nm
Dankie Megelmoes. Dit gaan tyd neem. Ek dink dis moeilik vir enige mens om dood te sien en daarmee vrede te maak. Dis hoekom ons probeer om ons kinders daarvan weg te hou en van die hele konsep daar rondom te beskerm, maar as dit n ou so direk tref op 18 is dit moeilik om te verwerk. Sy bly se sy het vir hom gekyk maar dit het gelyk of hy in die water speel. Hoe moet n kind van daardie ouderdom die verskil sien. Dis moeilik, maar sy sal deur kom, die ou is baie sterk.
Maart 9, 2009 at 1:13 nm
Niemand het die drank in Patrick se keel afforseer nie, hy het dit homself gedoen.
Sorry maar ek het nie simpatie vir Patrick nie, vir sy familie (waarvoor hy waarskynlik broodwinner was) het ek wel simpatie. Jou dade het gevolge, dit is hoe dit werk
Maart 10, 2009 at 6:41 vm
Ek voel presies soos jy Jaco. My hartseer is oor die kind en die ander mense, wat aan so iets bloot gestel moes word omdat Patrick homself nie kon of wou beheer nie. Ons eerste instink is altyd maar “preservation of life”. Of hy dronk was of nie. Geen mens behoort sulke keuses te maak nie.