19 slapies…

Daar is nog so baie dinge wat gedoen moet word. Ek is seker die baba gaan kom met die helfte van die goed wat nog nie afgehandel is nie. Dalk is dit maar net hoe n mens voel wanneer jy vir die eerste keer ouma word.

My senings is op – erger as wat dit ooit was met my eie kinders.

Ek moet by se, ek kan nie wag vir die babatjie nie. Ek is so opgepof soos net n eerste keer ouma kan wees. Brag oral oor my nuwe Sorah-dingetjie.

Daar is hormone met hormone in my huis. Hulle almal hardloop rond en skree en gil. Die nuwe mamma se senuwees is gedaan, so die bang word op almal om haar uitgehaal en dan, wanneer sy besef sy is totaal onredelik, moet almal troos en vergewe. Soms is dit baie moeilik…

Right, Sorah Ritah Potgieter – Ouma is reg vir jou. Daar le hope brei goedjies, die kamera is op stand by, almal en alles is ge-prep. Ons is reg vir jou poppie.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Comments on “19 slapies…”

  1. oopkop Says:

    Ek is net so opgewonde vir jou. Ek kan nie wag om Saterdag vir jou ‘n paar goedjies vir Sorah te gee nie.

  2. koeksuster Says:

    Saterdag gaan die grootste fun ooit wees. Ek kan nie wag nie!! Ek is besig om vir Dianay te brei, dis te cuuuuuute!!

  3. BB Says:

    You are gonna be some AWESOME granny, Koeksietjiekie!!

  4. BB Says:

    Vir jou Koeks…

    My hart is vol van kamers
    Soos ek net kan begeer
    Dis of die groot Beramer
    Self elkeen meubileer

    In elke een is iemand tuis
    In elkeen is daar plek
    My hart is soos ’n gastehuis
    En niemand ly gebrek

    Hul name pryk teen elke deur
    Die mure is geverf
    Met onthou-jy-nog se geur en kleur
    Van elke siel se swerf

    Daar is my Johan-kamer
    Heel onder aan die punt
    Met beitel en met hamer
    Gekap tot diep bemind

    My Jeanne se vertrekkie
    Is met roseprag verfraai
    Corle en Jaco het ‘n plekkie
    Waar hulle koning kraai

    ‘n Kamertjie reg langsaan
    Word tans in pienk getooi
    As babatjie daar ingaan
    Word Seëninge hier gestrooi

    My hart is vol van kamers
    Maar dié een’s spesiaal
    Dáárin gaan die Beramer
    Vir Sorah neer laat daal.

  5. Kokkewiet Says:

    Ek wag vir die eerste foto’s, hoor!! Sjoe BB Dis darem pragtig hoor.

  6. koeksuster Says:

    BB, ek het nou gesit en tjank. Baie dankie dat jy jou baie spesiale talente met my gedeel het. Asof jou mooi stem en pragtige lirieke nie genoeg is nie. Jy het elke emosie wat deur my hart gaan vasgevat in woorde. Hoe doen jy dit?? Hoe weet jy wat in hierdie Ouma-hart aangaan? Ek is so geseend om iemand soos jy in my lewe te he wat kan se wat ek voel. Dis asof die Here vir jou die woorde gee wat elke emosie verwoord.

    Geseende Vriendin, baie, baie dankie!


Comment: