Ek is so geseënd…

Ek skryf gister of so, oor my pragtige baba, Sorah, wat een van die dae haar opwagting gaan maak.  Die 30ste om presies te wees, as sy nie haastig raak nie.

Biebels, my dierbare vriendin, skryf vir my die:

Vir jou Koeks:

My hart is vol van kamers
Soos ek net kan begeer
Dis of die groot Beramer
Self elkeen meubileer

In elke een is iemand tuis
In elkeen is daar plek
My hart is soos ’n gastehuis
En niemand ly gebrek

Hul name pryk teen elke deur
Die mure is geverf
Met onthou-jy-nog se geur en kleur
Van elke siel se swerf

Daar is my Johan-kamer
Heel onder aan die punt
Met beitel en met hamer
Gekap tot diep bemind

My Jeanne se vertrekkie
Is met roseprag verfraai
Corle en Jaco het ‘n plekkie
Waar hulle koning kraai

‘n Kamertjie reg langsaan
Word tans in pienk getooi
As babatjie daar ingaan
Word Seëninge hier gestrooi

My hart is vol van kamers
Maar dié een’s spesiaal
Dáárin gaan die Beramer
Vir Sorah neer laat daal

Enige een wat dit lees en nie daar deur geraak word nie moet asseblief vir my n boodskap los.  En die wat geraak word daar deur, los ook asseblief n lang boodskap. 

BB, die Here het jou gebless met n ongelooflike gawe.  Hy stuur sy engele om die woorde self in jou mond te sit.  Dankie vriendin. Hierdie Ouma is diep geraak.

Koeks

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment on “Ek is so geseënd…”

  1. Da Mario Says:

    Wow… dis werklik so mooi. Dis werklik net so mooi. Ek dink nie ek het al ooit iets meer spesiaals en wonderlik as hierdie gelees nie. Baie Briljant gedoen BB!! :D


Comment: