Nou is dit Min Dae…
Ek voel soos daai song in die vroee 80’s. Onthou julle “Troepie Doepie, wanneer kom jy huistoe…”? Ek het dit luid en met bree bors saam gesing, al het ek nie eers n Troepie gehad waarvoor ek dit kon sing nie – in elkgeval nie aanvanklik nie – toe kom Johan…
Vandag voel ek weer so. So nostalgies amper. Ons lewens is op die drumpel om vir altyd te verander. Is dit nie snaaks nie, dis die enigste ding wat in ons lewens konstant bly – verandering!
Ek het al so gewoond geraak aan verandering en teleurstelling, dat ek nie heeltemal seker is hoe om die een te hanteer nie.
Ons het vier slapies oor. Na vandag, 3 vol dae en ons sien almal so uit na die nuwe baba, maar ek is bang en die nuwe mamma is bang. Die huis is in rep en roer. Alles word gewas en gepress – so asof dit familie van oorsee is wat kom kuier. Dit voel weird.
Dit gaan goed met almal, gelukkig, die liefdes lewe is nie so lekker nie, maar al die dinge sal hulle self uitsorteer – ek is seker!
Bid vir my maatjies, ek het elke gebedjie nodig.
R
Maart 31, 2009 at 3:34 vm
Hey koeksie
Ek dink aan jou en mom-2-b. Jy moet asb asap kom fotos wys van die pienkvoet. Ek glo en vertrou alles sal mooi rustig afloop. Onthou jou kamera, en enjoy the ride
*hugz*
Maart 31, 2009 at 1:49 nm
Hi, teen dit tyd is die babatjie seker al daar!!!
Baie geluk, hoop alles het goed afgeloop. Ons wag in spanning vir die foto’s!!