Archive for the 'Uncategorized' Category

Besig, besig, besig!

Mei 6, 2009

 
Die laaste paar weke is n oogwink verby.  Time waits for no man (or woman) en dit voel asof n mens nooit n kans gaan kry om net weer asem te haal nie.
Die lang naweke was heerlik.  Ek het pop gespeel en gebrei en nog pop gespeel. 
Die 27ste het ons die wondelike voorreg gehad om [...]

De moer in

April 7, 2009

Ek het vir Jaco belowe ek sal n lekker post skryf vir Stroopsoet.  Ek het nou al drie geskryf, en elke keer verloor ek die damn ding.  Wat de hel gaan aan.
Your post could not be edited… Dammit, dit vat my bloedsweet en trane om die ding uit my kop te wurg en dan gebeur [...]

Hier is sy, die mooiste kleindogter wat enige ouma voor kan bid!!!

April 1, 2009

Hierdie poppie het haar ouma om haar pinkie gedraai. Daar is vir die vrou geen hoop meer nie!!

Nou is dit Min Dae…

Maart 26, 2009

Ek voel soos daai song in die vroee 80’s. Onthou julle “Troepie Doepie, wanneer kom jy huistoe…”? Ek het dit luid en met bree bors saam gesing, al het ek nie eers n Troepie gehad waarvoor ek dit kon sing nie – in elkgeval nie aanvanklik nie – toe kom Johan…
Vandag voel ek [...]

Ek brei

Maart 17, 2009

 
Ek het die naweek vir Dianay van Oopkop n persentjie gebrei.  Ek noem dit Prettiful Pink.  Wat dink julle??  Dianay het soos n prinsessie gelyk in haar lintjies en kantjies.

Ek is so geseënd…

Maart 13, 2009

Ek skryf gister of so, oor my pragtige baba, Sorah, wat een van die dae haar opwagting gaan maak.  Die 30ste om presies te wees, as sy nie haastig raak nie.
Biebels, my dierbare vriendin, skryf vir my die:
Vir jou Koeks:
My hart is vol van kamers
Soos ek net kan begeer
Dis of die groot Beramer
Self elkeen meubileer
In [...]

19 slapies…

Maart 11, 2009

Daar is nog so baie dinge wat gedoen moet word. Ek is seker die baba gaan kom met die helfte van die goed wat nog nie afgehandel is nie. Dalk is dit maar net hoe n mens voel wanneer jy vir die eerste keer ouma word.
My senings is op – erger as wat dit ooit [...]

Oor hartseer…

Maart 9, 2009

Ons het Vrydag regtig n hartseer dag beleef, en vanoggend toe ek by die werk se hekke inry besef ek eers hoe dit my gevang het.
Ons tuin tegnikus – Patrick (28) – het Donderdag aand n vinnige drinksessie (ons dink dalk meer as net dit) gaan beleef saam met van sy buddies, wat gelei het [...]

Donderdag in Silverton…

February 19, 2009

Vir die maatjies wat nog nie weet nie, ek is damn bang vir ry op plekke waar ek nog nooit was nie.
Vandag… Silverton in Pretoria.
Ford stuur so ewe vir my n koerant vol aanwysings, daar word beduie en gewys. In die tussen tyd is daar holtetjies langs my bed gebid, want selfs [...]

Blogstilte

February 17, 2009

Blixer, ‘n mede blogger, se man is onlangs tydens ‘n rooftog vermoor.
Uit eerbied vir haar en haar gesin se verlies gaan ons vir die volgende 24 uur ‘n blogstilte handhaaf, beide ten opsigte van blog inskrywings en kommentaar op ander blogs.
Sou jy wou, wil ons versoek dat jy ‘n soortgelyke inskrywing maak en dieselfde [...]