Oor Wosonkies…

Posted February 16, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Ek lees vanogged gou Jaco se post op Wosonki wat losweg handel oor “the meaning of it all” en ek besef weer hoe my lewe regeer word deur roetine. Dis dalk iets wat al gebeur het toe die kinders gekom het, want geen ma kan deur n oggend kom as daar nie roetine is nie. Dalk het dit gekom toe ek begin werk het al, maar ek was toe so loskop ek dink nie roetine het daar enige invloed gehad nie.

Terug na die Wosonki. Jaco het nou al n paar keer gese dat die blog hom soms meer gryshare gee as wat enige mooi man van sy ouderdom behoort te he. Ek is net (op my eie inhalige manier) nie seker of ek n dag sou maak as ek weet die Wosonki is nie more daar nie. Ek het al so gewoond geraak daaraan om die rekenaar aan te skakel, my koffie te gaan maak en dan rustig die Wosonki-goed te lees en my binneste rustig te maak voor die dag begin.

Soms is die blog vir my ook te veel, het ek nie regtig iets om te se nie – dan los ek dit vir n week of twee tot my kop reg is en siedaar. Hierdie blog is meer vir my as ander mense in elk geval. Ek maak half kop skoon as ek hier is. Ek dink – dis gevaarlik, ek weet, maar dis mos maar net my plek. Daar is net n handjie vol mense wat weet dat ek hier is en hulle is meer as welkom om deur my kop te kom krap as hulle wil. Gewoonlik babbel ek mos maar net oor die kinders (en kleinkinders) en kla oor my man.

By Wosonki kry ek kos vir die siel, of die hart, of die lagspiere. Daar is altyd iets wat by my bly deur die dag. n Song wat jy nie uit jou kop kan kry nie of n hond wat ons almal voor bid (ja ons bid vir die Wosonki’s se honde as hulle siek is of rug-af).

Ek weet dis soms moeilik, ons is al almal gekritiseer oor wat ons skryf (arme Da Mario kry dit meer as meeste), dis net vir baie van ons die eerste stop as die dag begin en dit sal maar n vaal dag wees as daai koffie stop nie meer daar was nie.

Genoeg gese,

Rachelle

Nou raak ek opgewonde…!!!

Posted February 9, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Ons het die naweek Jeanne se Ooievaars Tee (meer soos n Stork Braai) gehad. Dis so lekker om die mans ook daar te he, ons het gekuier en gebraai en nog gekuier.
Ek raak nou opgewonde. Die ou babatjie raak nou groot. Gee haar mamma hel, skop al onder die ribbers. En sy hik…

Ek het nooit gedink ek sou so voel oor die ou dingetjie nie, maar elke keer as ek yskas toe stap is daar die ou 4D fototjie met die gesiggie wat vir my loer. Nou nie meer lank nie!!

100_1059

Ooievaars Tee…

Posted February 6, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

More hou ons Jeanne se Ooievaars tee en kan nie wag nie.  Al daai fraai baba geitjies.  Ek bak en brou dat die sop spat, Liesbet maak slaai vir die braai en ons almal bid eenparig dat ons n mooi dag sal he.

Alweer n besige naweek!!

Ek sal Maandag n KLOMP foto’s opsit.

Ek is hier..

Posted February 3, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Ek kruip net bietjie weg want anders kry daai Murphy ou my weer – en dit kos geld!!!

Vat nou die naweek toe die Mazda se sleutel breek – R3 000 randjies later. So, hier sit ek onder die tafel met n Kit Kat en Marat se Woordeboek, so n dik HAT, en wag die bliksem in.

Hierdie boeremeisie vatikaki!!!

Party naweke is nag…

Posted Januarie 23, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

En hierdie is een van hulle…

Saterdag in Parade by die Skotte en Sondag n GROTE in Pretoria.  Sulke naweke is oor die algemeen n riller … die een nog meer!!

Met Corle gaan dit so goed hier by die werk.  Sy werk hard, sy leer vinnig en is baie gewillig.  Ek is trots op haar.

Jeanne is nog by Ouma, sy kuier lekker, rus goed en sover ek weet, baklei sy nie met enige een nie.  Dit help al geweldig baie.

Jaco is Jaco, easy come, easy go….  16 and loving it!!

Ek gaan my nou mentally voorberei op n naweek toegedraai in doringdraad!!

Rachelle

EN DAAR GEBEUR DIT TOE…

Posted Januarie 21, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Die tweede Ierse President in die Wit huis – eers Kennedy en nou O’bama. (Tony se joke – ek het hom geleen).

Persoonlik het ek nie die outjie se Rise to Fame op die TV gekyk gisteraand nie, ek was by Rotary – dit was baie lekkerder om almal saam aan n glasie wyn te suig as alleen voor die TV.

Wel, ek wens hom net die beste toe – hou die olie prys laag, raak ontslae van die oorlog in die Midde-Ooste (of waar julle ook al op die oomblik mense skiet) en kyk dat julle mense gesond is en kan lees en skryf. Ek is seker dis nie n tall order vir n ou wat al so ver gekom het nie. You go boy ….. SA – vat hom!!

Hier in Suid Afrika kan ons nog steeds nie besluit of daar n probleem in Zimbabwe is nie, ons kan nie heeltemal seker wees of dit OK is vir Matrieks om te kan spel en tel nie en ons het nog nie uitsluitsel bereik oor die rol van die Gesondheids Departement in die Regering nie. Dalk het ons ook n “We Canner” nodig om die plek op sy oor te draai.

Persoonlik dink ek (en dis gevaarlik) dat hierdie land klaar op die pad is rock bottom toe en niks wat ons nou doen, voor die verkiesing, gaan n verskil maak nie. Na die verskiesing … dis dalk n ander saak – remains to be seen, natuurlik – dit kan net n bodemlose put ook wees…

Nou ja – Mr. O’Bama en sy Kabinet het n moerse job vanoggend, balonne optel, oorlog voer en lunch 12uur – sterkte vir hom!

MATRIEK IS VERBY……….!!!!

Posted Januarie 19, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Ons het vanoggend die offisiele uitslae gekry:

MATRIEK IS VERBY en ons het n onderskeiding gekry in Marketing Communications.

Corle ons is baie, baie trots op jou!!

Mamma en Pappa

n Hartseer week…

Posted Januarie 16, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Hierdie was nou regtig n hartseer week. Al die goed wat gebeur het en gese is en gedoen moes word. Ek hou nie van baklei nie. Ek hou van kalmte en rus, veral as n mens die tipe lewens het wat ons elke dag moet deur worstel.

Toe kom die bom en al wat is mens is, is in mekaar se hare. Ek moet se, ek het my fair share van reghelp gehad en ek kan met eerlikheid se ek voel nie regtig beter nie. Ek voel asof die kind nou moet verstaan waar hy met my en my familie staan, maar dit beteken nie dit was vir my lekker om hom in te lig hoe die winkel werk nie. Dit was nie vir my lekker om vir hom te se hy is n ruggraatlose jellievis nie en dit was beslis nie lekker om vir hom te se dat ek hom sal aanvaar omdat hy my dogter se keuse is nie.

Ek hou nie van baklei met die mense vir wie ek lief is nie. Ek kry n kol op my maag en … ag, ek is seker maar n sissie.

Nou ja, ek het opgegradeer van assualt with the intention to do bodily harm… na…. kook in olie tot crips en vlug Mexiko toe. Daar word deur geleerde vriende gese dat dit blerrie warm is in Mexiko hierdie tyd van die jaar, so:
Hoed …. check
Sunscreen … check
Get out of jail free pass …. uhmmm ….. check

Volgende week gaan beter wees. Daar hang so n ongemaklike “truce” in die lug tussen my en my kleinkind se pa, maar met die Here se hulp en baie pille is ek seker ons sal hierdie een ook oorleef…

One day at a time… Let go and let God … Just for Today

n Mooi naweek aan elkeen van julle. Sien julle Maandag.
Wees veilig

Rachelle

Depressssssssssssie….. die slang is weg!

Posted Januarie 14, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Dankie vir die liefde en ondersteuning gister. Ek dink ek het die depressie slang n neklsag van epidermiese proporsies toegedien. Hy is vangoggend weg.

Hoe raak ek van iemand ontslae wat sleg is vir my dogter? Hoe vertel ek vir hom dat ek hom nie wil sien nie, dat ek hom nie in my huis wil he nie en dat ek niks met hom te doen wil he nie, sonder om my dogter seer te maak?? Hier is nou vir julle n tamaletjie wat dringend hulp nodig het!!

Why do bad things happen to good people…

Posted Januarie 13, 2009 by koeksuster
Categories: Uncategorized

Soms haat ek dit om n ma te wees omdat dit so seer maak om besluite te neem wat jou kinders se lewens kan beinvloed – goed of sleg.

Bid asseblief, ek het elke gebed nodig!!  Op die oomblik is die lewe n baie moeilike plek om te wees.

Rachelle