Eerste poging (b)

Sover dit my aangaan het almal die reg om hulle eerste poging twee keer oor te he.  Ek eien hierdie reg nou toe.

Daar is nog altyd vir my gese dat jy net een geleentheid het om n 1ste indruk te maak.  Twak!!

 Verander jou haarkleur, doen jou make-up anders, gebruik jou ander persoonlikheid en hey presto – n tweede eerste indruk.  Ek praat nie nonsens nie, ek belowe. 

 Daar is die ou by die RSM se eenheid.  Hy is n stoere Regiment Samajoor en hy hou nie van vroue nie.  Dit is lank reeds vir my gese.  Ek het dit geglo en sy moer ook.  Ek het regtig nie knorrige fuddy duddies nodig om my dag op te kikker nie.

Twee maande of so later – die gevreesde formele ete.  Glo my, ek het daai manual opgeswot asof daar nie n more was nie.  Pass with the left, pour with the right, het splinter nuwe betekenis gekry.

Op die aand van die ete, uitgevat in my Sunday best, wie sal ek raakloop.  Die gevreesde RSM vroue-hater. (Hoekom trou n man met n vrou met klein voetjies – sodat sy nader aan die wasbak kan staan natuurlik). 

Raai wat, met my nuwe hairdo, my fraai frokkie en my formele ete attitude, het die ou ballie nie eers geweet wie ek was nie en ons het soos ou pelle gechat. 

Terug by die eenheid let hy toe op dat hy my van erens af ken – te laat.  2de eerste impression klaar gemaak.  Ons is boesem buddies.

Klaar met die storie om die punt te bewys. 

Ek hoop ek het n gunstige 2de eerste indruk gemaak.

Sien julle more – or there abouts.  Dankie Anja.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Eerste poging (b)”

  1. oopkop Says:

    Dis nou goed gestel. Ek sal in die vervolg onthou dat eerste indrukke my nie moet afsit nie. Welkom by die wonderlike blogger wêreld

  2. Koeksuster Says:

    Thanks Anja, dis nogal fun.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: