As ek my sonde nie ontsien nie….. en Mango’s

Hier is nou die ding … Hoeveel goed op n dag mag n mens voor kwaad word?? (Ek weet al klaar van vergewe 70×7)

Dis Maandag oggend en ek dink ek het alreeds die perke vir die hele week oorskry!

Eers het die RSM nie gister petrol in die krok gegooi nie – Strike one.

Toe het elke kind n pyn en rede hoekom hulle nie skooltoe wil gaan nie – Strike 2 – (dankie antie Frazer-Moleketi dat my kinders nou ook korrup is).

En hier is die doozie – ek probeer n vliegtuig kaartjie boek op Mango. Daar le die ding!

Bel vir Ellie – kan nie boek sonder n krediet kaart of Edgars rekening nie – nou as julle my ken weet julle….. have plastic money, will spend – so don’t have. 

Bel terug met ma se Edgars rekening – nou moet ek proof he dat ek nie ma se kaart gesteel het nie – Al wat ek wil doen is n kaartjie boek – nie die sous-trein ry nie. 

Maar nog is dit het einde niet.. nadat die pop 18 minute (ek lieg nie)  lank sukkel om Potgieter te spel en die kaartjie te boek, het die kaartjie se prys intussen met R300.00 opgegaan – die kaartjie se prys is “subject to change at any time” – toe hoor julle die niggie skree – ek weet nou ek kan in Zulu ook vloek.

Ek is jammer, maar sover dit my aangaan is dit highway robbery.  Dit was mos klaar my kaartjie toe hulle die nommers en name ingesit het – hoe kan die prys binne die besprekings tydperk verander – dit klink vir my so asof iemand besig is met n bestelery. 

Nou kom jy aan die einde van die “booking process” – nadat jy jou van 25 keer moes spel (ekskuus, maar dit het definitief te doen met swak diens) – en dan se jy maar – ag OK, wil net nie weer daar deur nie – en hulle kry wat hulle wil he.  Dis nonsens man – ek gaan nie so besteel word nie!!  Ek kan nie glo die grootste gros van Suid-Afrika se “slim” mense, val vir sulke bol nie!

Nou sal Mango my terug bel wanneer hulle die probleem opgelos het – in die jaar 2525. 

Mag julle almal behoed word van sagte vrugte en stikes – enige soort – en mag julle n stunning week beleef.

Ek het klaar ge-kvets vir die week – ek belowe. 

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “As ek my sonde nie ontsien nie….. en Mango’s”

  1. Jaco Says:

    Ek staan sommer by voorbaat omgekrap om, dit spaar my die moeite om nog eers te moet kwaad word!

    Ek vlieg redelik gereeld, en ek sal nie Mango vlieg nie al betaal hulle my. Nooit ooit nie. Dan loop ek liewer

  2. mengelmoes Says:

    Elke donker wolk het sy silwer rand, en ek hoop jou randjie maak al die geukkel die moeite werd.

    Sterkte en ek hoop jy het verder ‘n fab dag

  3. oopkop Says:

    All good things come to those who wait. Of so sê hulle. Ek hoop dinge werk uit.

  4. marat Says:

    Then I hope that all kinds of bad things happen to people who pisses us off . . .

    Try eerder Kulula, ons het nog nooit met hulle gesukkel nie.

  5. lanaba Says:

    Ek stem saam met marat-mango klink in elkgeval vir my n bietjie funny…..amper soos banana airways op hester en ester bester..hehehehehe!!!!

    jou kiddies is pragtig.

    Hoop jy het n stunning dag!

    troedelkies
    lana


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: