Grace – as jy wag…..

Na gister se fiasko met Mango, het ek vanoggend vir Corle n kaartjie gekry en sy is oppad.  Sy het amper n oorval van epidermiese proporsies gehad toe sy hoor sy gaan na Ouma toe. Dis darem maar lekker om kind te wees..

Maar dis nie my storie nie.  Ek het belowe ek gaan nie kvets nie. 

Ek bel toe vir Ouma om te se die kind vlieg en toe vertel sy my die mooiste, mooiste storie van die die Here se groot liefde en genade.

 Ek het groot geword saam met n pragtige girl wat altyd alles gehad het.  Toe ek weg is uit Saldanha is sy getroud (baie jare terug).  Toe die tyd kom en sy wil ook n baba he, gebeur daar niks. Soos in niks.  Vir 14 jaar het hulle probeer.  Al die dinge gedoen, gebuis en gespuit – alles!

My ma se, toe hulle uiteindelik, na die laaste probeer, van die dokter in die Kaap terug kom, was die nuus glad nie goed nie.  Sy sou nooit n baba van haar eie he nie.  Almal van ons het gebid, soos ons maar doen, vir berusting en vrede.  (Ons is maar klein gelowig soms, want berusting word n hoender pastei en vrede raak melktert).  Maar so bid ons almal vir wat nodig is.

Toe kom die wonderwerk – die Sondag aand, nadat hulle vir die naweek bietjie by haar ma-hulle in Vredendal gaan kuier het om die nuus te vertel, kom hulle by die huis na n boodskap wat se dat die Welsyn vir hulle n baba dogtertjie het – 1 daggie oud en haar naam is – Grace. 

Al die pelle het talente bymekaar gesit en binne n dag die baba kamer gereed gemaak vir baba Grace. 

Dit is hoe die Here werk.  Mamma se, die Here maak seker dat die ouers daai baba werd is.  Dis dalk n eenvoudige manier om dit te stel, maar ek glo sy is reg.  Die Here doen dinge op Sy tyd en hier bewys dit nou net weer – ons tyd is nie Sy tyd nie. 

Mag die Here vandag groot wonderwerke in almal se lewens bewerk sodat ons Sy grootheid net weer een keer kan sien en GLO.  Ons mis die kleintjies so maklik – die kar wat weer vat as hy gaan staan het.  Die melk in die yskas as jy oortuig was die geld is op.  Die kind met ADHD wat 70% vir sy toets kry- in regte skool. 

Mag die Here Sy hand in elkeen van ons lewens wys vandag – met Mag en Mening.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Grace – as jy wag…..”

  1. marat Says:

    True, ons kla so maklik en eintlik gaan dit nog goed met ons. Ek is ‘n groot voorstaander van alles-gebeur-op-sy-tyd/elke ding op sy tyd, soos dit moet. Wag net . . .

  2. koeksuster Says:

    Marat – vriendin, jou beurt kom – ons sal bid vir jou “Grace”.
    R

  3. Dellie Says:

    Ja, wonderwerke gebeur, elke dag, veral as jy jou eie besigheid het. Jy WEET as jou water en ligte nie vandag betaal word nie, kom sny hulle af… maar net betyds kom daai geldjies in wat jy so nodig het…

  4. Roer Says:

    Koeks jy is ‘n ystervrou. Moet dit nie vergeet nie. Pragtige foto!

  5. oopkop Says:

    Dis een van die mooiste ‘posts’ wat ek in ‘n lang tyd gelees het.

  6. lanaba Says:

    Nou voel ek skoon skuldig omdat ek die die week so negatief begin het en steeds is……

    *note to self – Lana tel jou seeninge!!

    troedelkies
    xxxxx


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: