Nog n week op sy rug!

Goeie more al my vriende,

Ek is baie dankbaar dis naweek.  Ek sien uit daarna om hierdie een naweek net rond te le en dalk bietjie te verf.  Ek is al lankal lus om weer bietjie my hande vuil te kry en iets te skep.

Ons verkoop elke Saterdag wors broodjies by n baaaaie groot bottelstoor in Wynberg, maar more is ek af.  Ek het besluit – een Saterdag elke 5 maande gaan geen klient skade doen nie. 

More gaan ek en my seun popcorn koop en videos kry en ons gaan ma en seun goed doen.  Ek sien regtig uit daarna om een naweek te kan laat slaap op n Saterdag en deur niemand gejaag te word op n Sondag oggend nie. 

Gisteraand het ons n lekker ou dak natmaak gehad by die werk wat ek in 2 dae moes reel – 40 uitsoek gaste.  Ek geniet dit om sulke goed te reel, maar ek hou daarvan om darem net n paar daggies te he om dit in te doen.

Dit het wonderlik afgeloop, ons het gekuier en gekuier en 1.30 vanoggend in die bed geklim – ek is poegaai!  Maar ek is teverede, dit was lekker.

Mag almal n heerlike naweek beleef, doen iets fun – le net voor die TV en kyk movies – gaan erens waar jy nog nooit was nie (die kaas fabriek in Magalies is stunning vir die Johannesburgers), of doen net iets wat jy lank laas gedoen het, maar al lank na uitsien om weer te doen. 

Doen iets vir jou siel.

Groete en wees veilig

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Nog n week op sy rug!”

  1. lanaba Says:

    Hoop jy het n peaceful weekend.Enjoy the mother-son-bonding.

    troedelkies
    xxxx

  2. marat Says:

    Mens het van tyd tot tyd so ‘n breek nodig. Ek hoop dit was lekker – dis al amper weer Maandag! Neeeeeeeeeeeeeeeeeeee! Ek wil nie . . . 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: