Dis Maandag – en hy’s nie blou nie…
Vir die eerste keer in weke staan ek vanoggend op en sien uit na werk.
Ek check natuurlik dadelik my pols, kyk in die spieel of ek nie teen die dak hang nie. Maak seker die bed langs pa is regtig leeg en dat ek nie n “out of body” het nie – maar nee, daar staan ek – lus vir die week.
Ek het hierdie naweek net mooi niks gedoen behalwe vir Ousus serp gehekel nie. Dis al. En natuurlik my pel se gasvryheid misbruik deur in sy jacuzzi te sit en vrot tot die vroee ure van Sondagmore. Verder niks behalwe Videos, wyn en pretzels.
Nou is ek ook nie n oggend mens nie. Veral nie oggende wat lyk asof hulle aande is nie. Dan nog opstaan en werk toe – huh – uh – ek kan verstaan hoekom produktiwiteit met 40% daal in die winter – want ons willie.
Maar vandag is anders….
Die kar gedra haar tot by die werk (wonderwerk nommer een), my baas is in n baaaaie goeie bui, vra self hoe my naweek was (wonderwerk nommer twee) en my Colletjie kind in die Kaap se sy het haar Oupie nog nooit so gelukkig gesien soos nou na sy aftrede nie – dis die kersie op die koek.
Ek gaan n fantastiese dag he, ek het besluit – ek gaan meer vermag in een dag as in die voorafgaade weke en ek gaan dit geniet.
Ek hoop julle het n stunning week en dat julle Maandag julle ook nie gaan bang maak nie.
Baie groete
Rachelle
PS. ek dink my pel se jacuzzi en die niks-doen naweek het iets met my Maandag te doen, maar ek kan verkeerd wees…..
Junie 25, 2007 at 9:59 vm
Klink na ‘n belowende week vir jou!
Stuur bietjie van daai “positive attitude”
vir ons ook asb 😛
Junie 25, 2007 at 12:39 nm
Klink of jy ‘n lekker naweek gehad het. Ek’s skoon jaloers. Jy’s so flippen special. 😛
Junie 25, 2007 at 2:12 nm
Dit was presies wat jy nodig gehad het, om net te doen wat ‘n slag vir JOU lekker is.
Bly jy het dit geniet, en mag jou week pienk van kleur wees en soos bloeisels ruik!