Net 5 minute se vrede!!!

Soos baie ma’s het ek die wonderlike voorreg om ook te kan werk.  My salaris is dalk nou nie vergelybaar met Thabo s’n nie, maar ek het darem n sentjie wat ek op myself kan spandeer.

Die moeilike deel daarvan is egter dat ek dol dae het wat soms heeltemal onder my uit hardloop en ek sukkel om op te vang.

As teenfoeter het ek n roetine ontwikkel wat “fool-proof” is, behalwe, die fool is die laaste ruk my dogter en ek het uitgevind daar is geen roetine nie – 20 jaar later (ek leer klaarblyklik stadig).

Gewoonlik sit ek so n uur in die verkeer, koop gou melk en brood by Johnnie en kom net betyds by die huis vir 7de Laan wat ek met wyn in die hand en relatiewe stilte (om my), kan geniet.

Maar nee…..dit is my nou nie meer beskore nie.

My kind – Jeanne – is n hulp-leerkrag en dit is skool vakansie.  Die kind sit by die huis, alleen, die hele dag (want sy het haar kar ge-prang) en nou moet ek dit in die aand ontgeld.

Ek stap in en sy begin praat – aanmekaarmetgeeneindetot9uur – daar is nie eers n oomblik se rus in die toilet nie. 

Dit maak my mal….

Ek wens die skool wil begin sodat sy my kan uitlos!!! 

Ek wens ek was in die Magalies – met net die voeltjies en die insekte en die RSM (Marat, hy is nie scary nie, hy is n marshmallow met n masker, maar ek het dit nooit gese nie!).  Ek sal selfs skottelgoed was en my eie bungalow aan die kant maak, maar ek wil net 5 minute se vrede he om weer uit te vind wie ek is.

 naweek-005.jpg

Hierdie is my wegkom, my ontspan, my leegle en my heel word.  Waarheen gaan jy?

Ek wens julle almal 5 minute van vrede toe en vir my …. n spoedige nuwe kwartaal.

Groete

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Net 5 minute se vrede!!!”

  1. lanaba Says:

    hoop jy kry daai vyf minute van vrede waarna jy soek….al jou kiddies is pragtig(fotos op vorige post)

    Hoop jy het n peaceful day!

    troedelkies
    xxxx

  2. Roer Says:

    Ten minste maak sy al sin! Myne se gesprekke wissel van Spiderman tot Mr. Incredible. Van 7de Laan het ek al lankal vergeet. Dis wanneer hulle die lekkerste babbel en alles word herhaal. Laat liefie vir jou ‘n naweek by ‘n spa reel Koeks. x

  3. marat Says:

    Los die kinders vir ‘n naweek by die RSM en gee pad na waar dit stil is . . . of los die kinders by die kinders en vat die RSM saam . . . oe, lekker! 😎


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: