Women who got some sense…….

When I passed forty I dropped pretense, `cause men like women who got some sense.
-Maya Angelou

Ek kry die quote in my inbox vandag, en ek dag….. is dit nou nie waar nie!

Die meeste mans wat ek ken vertel graag hulle hou van blonde girls (so om en by 19) met gesonde boesems en blou oe.  Girls wat gebou is soos die rak waarop die klere by P+P hang.  (Dit sluit natuurlik die RSM in, hy vertel hoe hy my nou moet inruil op twee 21jariges – ek raak blykbaar nou oud!!)

Ek dink dis n “closet fantasy”.  Ek dink nie mans hou regtig van hierdie non-existant tipe girls nie.

Ek dink die meeste mans hou van n vrou wat haar man kan staan.  n Vrou wat nie n man nodig het om hulle te “validate” nie, maar wat op hulle eie twee voete kan staan.  Girls wat hulle eie persoonlikheid het en “who got some sense….”. 

Ek weet die RSM doen.  Ek weet hy hou daarvan as ek my eie vriende het, my eie gesprekke kan begin en klaarmaak, met redelike sekerheid oor n groot verskeidenheid onderwerpe kan gesels (en sin maak), maar bo alles, weet waarvan ek nie hou nie, en my mond oopmaak om dit te se.  Dis blykbaar baie meer sexy om n vrou met “sense” te he as n P+P klere hanger sonder n brein – (vertroulik verneem).

Ek dink regtig nie al die fuss oor blonde bombshells behoort mense soos my effe ronder dogter te laat terug staan en dink sy is nie goed genoeg nie.  Sy het n stunning persoonlikheid en great common sense – dit sal vir haar die regte man snag – daarvan is ek seker – ek wonder net hoekom ons kinders met hierdie stereotipe stupidity moet saamleef en hulleself dan nie goed genoeg ag om ook liefde en aanvaarding te kry nie.  Dit maak my kwaad dat sy saam met iemand is omdat sy dink sy sal nooit weer liefde kry nie …..

Ek hoop eendag sal sy besef dat mans nie regtig kyk vir die maer goedjies met die groot tieties nie, maar eerder vir n girl met sense……

Sien julle more

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

9 Kommentaar op “Women who got some sense…….”

  1. oopkop Says:

    Goed geskryf. Ek stem saam met jou. Ek gaan nooit in my lewe 45kg weeg nie, en dit pla my niks, ek geniet myself gate uit.

  2. Koeksuster Says:

    Dankie vir die kompliment An. Ek weet wat jy se, ek raak net so kwaad dat sy toelaat dat n man haar selfbeeld skade aandoen. Die kind is pragtig – regtig baie, baie mooi, maar met die selfbeeld van n slak – oor n man!! Baie unfair.
    R

  3. marelna Says:

    Ek is nie n maer ou dingetjienie nie en ek is 21, en ek het ook gedink geen man gaan dink ek is sexy nie. En ek het ook by n doos gebly omdat ek bang was ek kon nie beter nie. Ek was lief vir hom en hy het my kleine ou hartjie gebreek in stukkies! Maar 3jaar terug ontmoet ek vir Donovan. Hy is beautiful! Ek weet ek is nie n barbie nie en vra hom toe wat sien hy in my aangesien hy n catch is en ek n vetplantjie. Hy se toe dat hy like my style. Dat ek n brein het, en vir myself kan opstaan. hy is ook bietjie ouer as ek so ja, vrouens is soms insecure, en mans weet eers dat hulle n vrou (nie n barbie nie) wil he as hulle 25-27 slaan. Maar op die ou end kom ons almal bymekaar en dit werk tog uit. Ek geniet jou blog groete m

  4. Jaco Says:

    Real men marry real women, nie barbie poppies met baie boobs en min brains nie. Ek sou nie met ‘n dom vroutjie gecope het nie!

  5. Eben Says:

    Koeksuster,

    Dis pragtig geskrywe en draai weer om, wat van ons arme mans. Ek was ‘n mooie (gie gie) 87kg toe ek getroud is, nou is ek ‘n moooooie en sommer duidelike 108kg. Maar weet jy wat, ek worry nie. Ek het my vrou, en het my seun en ek het myself en al my pêlle is lief vir my.

    Marelna som alles so mooi op, maar wat sy vergeet, en wat jy ook aan jou ewe pragtige dogter moet nie, eendag as ons almal oud is, wil ons graag ons geliefde hê wat vir ons by die tuin hekkie inwag na werk. En ware liefde en deernis is in mense se binneste.

    Ennn Marelna, jy is g’n vetplantjie nie, maar ek glo ‘n baie oulike en dierbare meisie, dis hoekom Donovan jou raak gesien het uit duisende!!

    Neeee Koekie, jou dogter se deksel sal verseker opdaag, wag en kyk. Sy sal nog tonne opregte liefde beleef. Sy moenie soek nie, hy sal na haar toe kom, hou moed.

    Tonne groete en dankie vir lekker skrywe.
    Eben

  6. Da Mario Says:

    ROFL…
    Batty has been around the block… genoeg om te weet dat gorgeous girls wat slegs staatmaak op looks, elke liewe keer sal verloor teen meer intelligente maar minder sexy girls. Want aan die einde van die dag gaan dit oor wie jy is.

    However…

    Terwyl die meeste mans almal sal drool oor ‘n sexy girl, en dan ruiterlik erken dat hulle eerder ‘n ander tipe girl verkies, is die meeste girlies wat ek ken nie so nie. En dis ‘n realiteit waarmee ek daagliks saamleef en vrede gemaak het. Daar is niks fout daarmee nie, dis maar hoe dinge werk.

    En by the way, nie net het sy ‘n wonderlike persoonlikheid nie, sy is werklik baie mooi ook. Jy behoort te kan kies en keur uit aanstaande skoonseuns!! Vir albei daai dogters van jou….

    Hehehehe…. geniet jou dag!! 😀

  7. rb Says:

    Hi

    Ek is blond, groot boobs, kort en duidelik. Ek het ‘n man gekry.

    Wat my net afsit is dat mense altyd dink as jy blond is, is jy outomaties stupid en as jy vet is ook – so ek is baie stupid – NOT

    Lekka dag

  8. Fairydust Says:

    Ek weet darem nie, baie mans voel ook bedreig daardeur en wil breinlose poppies he, wat alles doen wat hulle vra. Of het ek net die verkeerdes in my lewe ontmoet?

  9. laaks3 Says:

    Dis iets wat ek erken ek aan moet werk,…selfbeeld! Ek het nou wel n man en 2 wonderlike seuns, maar kritiek het my maak in my dop kruip en nie in myself glo nie!
    Dis jammer dat mense so kan neersien op ander en ‘n ongegronde uiterlike idee van ander het! Mense kan baie wrede goed wees!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: