Dirty weekends… en hulle gevolge!!

naweek-009.jpg

Dis ek…van agter maak ek nogal n nice prentjie!

n Jaar terug ontdek ek een more dat ek nie n lewe het nie.  Ek het maande laas met my man gepraat – soos in praat – en ek het nodig om hom n bietjie vir myself te he.

Ek bespreek toe vir ons, in Magaliesburg, n dirty weekend away.  En liewe gemeente-lede, was dit dirty….!!

Donderdag aand laai ons al die kinders by hulle onderskeie bestemmings af en skop ons dirty weekend af met n heerlike kerslig-ete vir twee …..

Vrydagoggend dou voor dag uit – gaan besoek die kaas fabriek, koop die lekkerste kaas en verwante produkte vir ons naweek (self-catering) en van daar, die naaste bottelstoor vir brannas, gin en vrugte (suurlemoene) en groente (mint – saam met gin en tonic, die beste drankie in die wereld)!!

Met ons aankoms – le die witklippe teen die berg, ons maak nog hekke oop soos toe ek op die plaas gaan kuier het by Oupa en Ouma, maar niks phase ons nie.

Relax, le rond en chat …… en toe….. slaan dit Pa soos n voorhamer – Doooiiiiinnngggg (hoor hamer op metaal) – daar is niks om te doen op hierdie verlate stukkie grond nie, behalwe ….. nee regtig …… niks!  Nie TV nie, die radio opvangs is uiters swak, nie weermag of rugby of kinders of ma of ….. niks…..

Pa kry toe sulke oortjies wat so terug trek teen sy kop en sy ogies half chinees laat lyk, en begin dadelik n vuur aanpak – 12uur in die middag.  Ek het hom so half snaaks aangekyk – maar se niks …. dis immers iets om te doen en dis sy naweek ook – 2 pakke hout later en geen vleisie om te wysie……..

Toe begin ons praat – sommer eers oor tjol gesels, met voeltjies wat fluit en bytjies wat by.  Dit was nie baie lank voor ons weer kon lag en gesels soos altyd… soos voor die kinders kinders was en voor die lewe ons gesels vertrap het tot ja en nee en “gang seks”. Dit was ongelooflik om weer my man te ontdek en sommer weer vir hom lief te word.  Johan is ongelooflik funny, hy het n baie fyn en soms swart sin vir humor en ek love dit.  Hy is my pel – ek kan vir hom se om te f*kof sonder om skuldig te voel en twee minute later onder sy vlerk gaan inkruip – waar ek veilig voel.  Sielsgenote….

So is dit dan nou dat ons weer, op dieselfde plek gaan “dirty weekend” hierdie jaar. 

Ek het klaar plek bespreek, ek het klaar warning orders uit gestuur, ek het klaar begin opgaar – al die klein lekker goedjies waarvoor hy so lief is – ferrero rocher tjokkies, gerookte mossels – sulke goed…….

Hierdie jaar gaan ons mekaar weer vind – al die stukkies wat ons deur al die maande aan almal om ons moes afstaan…kinders en weermag en pelle en ma’s en bevelvoerders en base – al daai stukkies gaan ons weer terug kry en deel – ek kan nie wag nie…..

Elke dirty weekend is die geld en tyd oor en oor werd!!! 

R

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Dirty weekends… en hulle gevolge!!”

  1. marat Says:

    Dis hoekom ons reel om sommige naweke “weg te slip” Oog toe of Nelspruit toe . . . net ons 2 en geen TV of ander vermaak nie. Mens het nodig om so nou en dan weer te herontdek . . . en lekker te ontspan . . . 😀

  2. Eben Says:

    Koekie,

    Ek stem volkome saam met jou skrywe. Dis so belangrik om mekaar weer te vind. Dis hoekom ek ook een keer na ‘n ou oom en tannie gestap het wat loop en hande vas hou … net om te noem dis so mooi, dat liefde en respek nog daar is na al nie mooi jare. Die belangrikste van alles – RESPEK vir mekaar!!

    Marat …. jong(!!!) jy sal nie weer Nellies toe kom, as ons ogies wys nie. Ek wil julle graag ontmoet.

    Lekker dag Koek ..
    Eben

  3. Dellie Says:

    Dit klink persies na die ding wat ons ook nodig het. Ons werk en leef elke dag so bymekaar verby, dat daar nie regtig “gesels” word nie. Gaan nou begin planne beraam.

  4. Da Mario Says:

    Geniet dit julle!

  5. Fairydust Says:

    Dit is baie belangrik, mens het dit nodig!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: