Do not neglect your Gift…

Do not neglect your gift, which was given you through a prophetic message when the body of elders laid their hands on you.1 Timothy 4:14 

 nuwe-fotos-2006-179.jpg

Ek is skuldig.

 Ek is besig om my gawe gruwelik af te skeep.  Ek het die wonderlike gawe om te kan verf en mooi goed maak – crafting. 

Ek kan hekel en brei en lapverf doen en kaartjies maak en – you name it!  Ek is geseend om goed maklik te snap …

 So het dit my ma presies 10 minute geneem om my te leer kerspit werk doen, en ek is vandag nog mal daaroor.  Ek hou daarvan om my geverfde kussings met kerspit af te rond – lekker te speel. 

Vanoggend is ek in die bek geruk deur die Gewer van hierdie Gawes.  “Do not neglect your gift….”.  Maar Here, ek het nie tyd nie.  Ek ry in die oggend 20 voor 7 en kom eers in die aand 6.15pm by die huis – hoe moet ek maak?? 

En toe onthou ek weer die dae toe ek net begin verf het en dit nie saak gemaak het hoe laat ek by die huis kom of hoe ver ek gery het of hoeveel verkeersknope ek moes deur worstel nie.  Ek het by die huis gekom, my tafeltjie sitkamer toe gedra en myself verloor in my gawe.  Ek het tafeldoeke geverf en kussings en ek het die mooiste muurbehangsel gemaak op bestelling – geborduur met krale……  Kortom, ek het tyd gemaak om my gawe te ontdek en te verfyn. 

Ek het tyd spandeer aan God se geskenk – nou maak ek net nie meer tyd nie. Ek is altyd moeg, siels moeg … sonder rede.   

Vandag gaan ek begin om myself positief te motiveer.  Ek gaan ophou om vir mense te vertel hoe moeg ek voel, en ek gaan weer my gawe her-ontdek en beoefen – want die Here se ek moet ….As Hy wil he ek moet dit nie afskeep nie, sal hy my die krag en energie gee om dit te beoefen! Vandag gaan ek begin!!!! 

Waarmee is jy geseen?  Wat is jou gawe – deel bietjie, dalk kom “leen” ek nog by jou!!

 R

 

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

8 Kommentaar op “Do not neglect your Gift…”

  1. Dellie Says:

    Ek is net so skuldig soos jy! Voordat ek my besigheid begin het en nog huisvrou was, het ek gekerspit en gelapverf en gehekel. Ek kyk nou my gehekelde lappies so en ek weet nie meer hoe nie! Ek kan nie onthou wanneer laas het ek iets geskep nie. Ek is mal oor my werk, en ek het die afgelope paar jaar geglo my stokperdjie het my werk geword, maar ek weet dis nie waar nie. Ek moet ook bietjie tydmaak vir skep.

    Lekker week vir jou!

  2. Jaco Says:

    Skuldig!
    Ek kan nogals vir ou Riaan Venter iets leer van DIY, maar ek oortuig myself ook eerder dat ek te “moeg” is!

  3. Eben Says:

    Hi,

    Ek is ook skuldig!! Ek het die gawe om my vrou soms tot moord te dryf.

    Ek weet nie hoe kry ek dit reg. Sy reken dis ‘n %^& gawe wat ek ontvang het!!

    gie gie

    Lekker dag!!

    Eben

  4. marat Says:

    Lol Eben! Ek ken ander mense wat ook daardie gawe ontvang het . . .

    Nee magtig, R, haal uit en wys! Jy moet bly wees oor jou gawes en dit ten volle benut . . . vir die van ons wat nie gekry het nie en so graag sou wou . . . 😀

  5. koeksuster Says:

    Juf Marat het gepraat.

    Lyk my ek sal die kwas moet opneem as ek weet wat goed is vir my.

    Ek luister na jou – en Eben, ek dink meeste mans het met daai spesifieke talent uitgekom – standaard – soos n xhaust!!
    R

  6. rb Says:

    Ek is van die ou tannies (nou eers 31) wat hou van naaldwerk doen. Ook altyd te moeg en het nie tyd nie. So lê daar ‘n halwe kombers, ‘n halwe runner vir die tafel, ‘n kwart borduurwerk item, ens, ens, ens. Jy klink so motiverend dat ek ook vanaand iets wil begin klaarmaak.

  7. Fairydust Says:

    Jy weet jy gaan great voel nadat jy dit gedoen het, so doen dit!
    Mmmm, gawes….volgens my wederhelf is myne rugkielie, lol.

  8. Fairydust Says:

    Grimering, ek het die gawe om die vaalste dolla in ‘n catwalk-babe te verander!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: