Nou kan ons aangaan…..

Vir die wat nie weet nie, n vinnige terugflits op ons lewe. 

Op die 14de April 2007 was ek en my kinders betrokke in n gewapende roof op Louis Botha in Norwood, Johannesburg. Ons het gelukkig niks oorgekom nie, maar die trauma het ons later gekry – die kinders was vir berading en ek probeer nog steeds cope met die idée dat ons lewens so min werd is dat my seun amper geskiet is vir 2 selfone, 2 ringe en R1000 kontant. 

Nou die goeie nuus. 

My man het daarin geslaag om een van die twee wat ons aangehou het, vas te keer.  Hy is gewys op sy fout en my ringe en my dogter se selfoon is terug gevind voor hy in hegtenis geneem is. 

Gister is ons hof toe.  Die saak kom toe darem so 11.30am voor en ons het so 3.30pm daar uitgekom. 

Hy het 15 jaar gekry en moet 10 jaar sit voor parool oorweeg sal word.  Hy is van Zimbabwe, 20 jaar oud, geen werk.  Hy sal 30 wees voor hy weer mag moor en roof. 

Die Regter is n wonderlike man.  Hy het vir Corle met soveel deernis hanteer, hy het vrae oor en oor gevra.  Hy het al die mense uit die hof gestuur sodat sy as “minor” alleen kan getuig.  Hy het my in die hof laat sit sodat sy nie alleen moes wees nie.  Hy het my geloof in “menswees” op die regsbank herstel. 

Met Johan was hy total ongenadig – aangesien ons aanvaller gese het Johan het hom aangerand.   Johan het mooi vertel dat geen (wit) mens met gesonde verstand n man uit n vol taxi sal pluk en hom aanrand nie.  Nie alleen sal die insittendes van die taxi hom letterlik doodmaak nie, maar dat hy polisie agtergrond het en weet wat mens mag en nie mag doen nie – daarby het hy geen wapen gehad nie – absolute malligheid.  Die Regter het hom een kyk gegee en gese “I am ready to give my verdict”. 

Toe ons by die huis kom het ek vir die eerste keer geskrik – en gehuil.  Nou kan ek, nadat ek die front van sterk vrou en onoorwonne Ma lank genoeg voorgehou het om die aap in die tronk te sit, ook myself aan my emosies oorgee. Die arme man en kinders was verbyster, maar ek voel nou beter.

Hel, ek het groot geskrik … n mens se kinders is soms in sulke situasies jou behoud!! Dis klaar … verby en oor – nou moet ons aangaan! 

Ek plaas vandag foto’s van my verf projekte.  Eerlike opinies asseblief.

 rachelle-004.jpg  rachelle-006.jpg  rachelle-007.jpg  rachelle-008.jpg 

Die eerste twee is vir my ma se Teddiebeer uitstalling (sy maak en ontwerp designer teddiebere) en die ander twee was kommissies.  

Groete, en dankie vir die luister, ek voel beter. 

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Nou kan ons aangaan…..”

  1. rb Says:

    Ek is bly om te hoor alles het goed gegaan en dat daar nog goeie mense in die regstelsel is.
    Sterkte verder!!!

  2. lanaba Says:

    Ek is bly om te hoor een van die boewe is vasgetrek en dat julle darem nou kan aangaan met julle lewens.

    Jy verf mooi,wanneer kry ek ene!

    Troedelkies
    xxxxx

  3. Fairydust Says:

    Pragtig!!! Jy kan mooi kussingtjies maak en dit verkoop!! Baie bly om te hoor hy is gevang en gevonnis! ‘n Groot drukkie van my af vir al die trauma wat jy en jou gesin moes deurmaak!

  4. marat Says:

    Ek is bly julle is almal ok.

    Kan ek ‘n bestelling plaas vir ‘n lappie met ‘n budoggie op? 😀

  5. boendoe Says:

    Hi,
    Toevallig op jou blog beland (verkeerde link gedruk!), maar ek is nie spyt nie! Wil net comment oor jou verf “projekte”. Dis pragtig, hou veral van nommer 3. Ek hou van sulke naiewe kuns, bright en bold.
    En ek is bly jy kon ontlaai. Ek kan glo na so ding ly ‘n mens aan post traumatiese stressindroom.

  6. kokkewiet Says:

    Ek is bly die hofsaak is afgehandel. Nou kan julle net vorentoe kyk.

    Ek is mal oor jou projekte – jy mag maar.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: