Hoekom?

Hoekom is dit so moeilik om positief te bly?

Hoekom is dit elke dag se stryd om net uit die bed te klim?

Hoekom kan ek nie ook met n huppel in my stap die dagtake aanpak en uitvoer nie?

Hoekom lewe ek net vir naweke wanneer tyd my eie is?

Hoekom kan ek nie bietjie vrede kry by die huis nie?

Hoekom voel dit asof ek die hele tyd lewe om ander gelukkig te hou?

Hoekom kan ek nie ook genoeg geld he om te kan koop wat ek wil het in plaas van wat ons kan bekostig nie?

Hoekom kry ek nooit n geleentheid om dinge presies te he soos ek dit wil he, in plaas van soos ander dink dit moet wees nie?

Hoekom weet ek nie altyd wat ek wil he nie?

Hoekom lyk dit altyd asof ander mense meer van alles het as ek?

Hoekom moet ek myself elke dag ploings werk en niks he om daarvoor te wys nie?

Hoekom voel dit alewig asof ek teen die dak vas bid – al glo ek vas dat my redding en my verlossing van Bo kom?

Hoekom het ek ondankbare kinders wat net wil he en he en he, en niks doen daarvoor nie.

As Steve dink hy het brain teasers, ek sweer, hy moet bietjie hier kom kyk – vrae wat jou sal laat sweet – sonder enige antwoorde waarop ek my hande kan le.

R

PS. Enige antwoorde op bostaande vrae sal baie welkom wees – ek het nie meer n clue nie!!

More voel ek seker weer beter – en nee – dis nie PMS nie – dis so n general Godsverlate gevoel wat weer sal oorwaai.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

7 Kommentaar op “Hoekom?”

  1. Fairydust Says:

    Stywe drukkie vir jou vandag van my af! As alles was soos wat jy dit wil he, sou jy nie die lewenslesse geleer het wat jy moet leer nie, en ook nie die pragtige mens gewees het wat jy is nie! Sterkte… jy weet jy is sterk genoeg om deur enigiets te kom en jy weet dat jy weet dat jy weet dat die son weer more gaan skyn en jy binnekort anders gaan voel oor alles.
    Jy weet dis net jou “mindset” wat moet verander!

  2. koeksuster Says:

    Note to self!

    Doner – ruk jouself reg! Ek kan hierdie dweeperige gemoan nie meer hanteer nie. En as jy vir enige iemand se ek bestaan nie regtig nie….

    Hel, jy het so baie om voor dankbaar te wees!!


  3. Rachelle – ek het good news and bad news … hang af hoe jy daarna wil kyk … die antwoord op al jou vrae…

    JY IS “HUMAN”!!! Live with it!

    Dis OK om party dae bietjie af te voel! Gun jouself nou en dan so ‘n daggie!

    (((((Kaapse Hugg)))) vir jou!

    Liefdetjies
    Rxx

  4. Roer Says:

    Hoekom? Want jy’s net mens my mens. 😉 Wys my iemand wat nog nie so gevoel het nie.

  5. marat Says:

    Die enigste troos wat ek kan aanbied: dit sal wel beter gaan. Gee dit net ‘n kans.

    Nog iets wat BAIE goed help vir sulke moods: pap & kaaiings . . . 😉

  6. KenVan Says:

    Hoekom kan my man my nie liefhe soos ek begeer nie? Geld, huis, kos en klere is nie genoeg as daar nie respek is nie……. Alewige kritiek veroorsaak dat ek geen selfbeeld meer het, met die gevolg…… nodeloos om enige iets verder te se!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: