Snap!!

Is dit nie weird hoe die Here mense maak om bymekaar te pas nie?

Dit is nie noodwendig net waar van getroudes of kinders en ouers nie. Dit is baie keer ook waar van vriende en kennisse.

Ek het gister die rare geleentheid gehad om twee mense te ontmoet wat net geclick het. Mense wat so pragtig en warm is dat hulle jou nie twee keer laat dink oor hulle intensies nie – (n mens kry mos sulke geleenthede waar jy ongemaklik voel want jy is nie seker wat mense nou eintlik wil he nie). Nie hier nie. Dit was rustig en gemaklik en so n lekker kuier dat n mens half nie wil he dit moet ophou nie.

Baie dankie Krista en Jaco vir die nice mense wat julle is.

Toe gou n impromptu re-unie.

Ons draf gou in by Anja se ma en oom Fred. Anja se ma – n pragtige warm mense Weskus mens – het matrikuleer aan dieselfde skool as ek – so twee of drie jaar vroeer natuurlik, maar in haar hart lewe die Weskus met n vurige passie soos ek dit onthou – en elke dag na verlang.

Oom Fred en ek gaan nog n draai stap met Langenhoven en Elizabeth Eybers – maar dis n storie vir n ander dag. Ek sal my byteltjie uithaal en daai klippie kap om by sy ware kleure uit te kom wanneer die tyd heeltemal reg is.

Baie dankie aan die hartsmense wat die lewe die moeite werd maak om slaap oor te verloor – julle is baie spesiaal.

Battie en Anja – julle is in my hart.

Liefde en n mooi dag vir almal.

Rachelle en Johan

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Snap!!”

  1. marat Says:

    Ek is sooooooooooooo bly daar is nog mense wat van kaaiings hou! Ons het lekker gekuier, dankie!
    ๐Ÿ˜€

  2. Eben Says:

    Marat kaaiings kan mos in ‘n bottel verse๋l word en Nellies toe gepos word … ek sal self my eie krummel-pap maak!!

    Eben

  3. Koeksuster Says:

    Nee Eben, hierdie outjies moet jy vars van die bord af eet …. Sorry ou maat!! Buitendien .. jy eet dit net saam met die pap wat hulle maak – anders smaak dit nie dieselfde nie!
    R

  4. oopkop Says:

    Dit was rerig ‘n ongelooflike dag. Dankie julle almal. Ek het nou nie kaiings geeet nie, maar dit was nogtans lekker. Ek’s darem bly my ma het nie my skandes uitgelap nie ๐Ÿ˜‰


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: