1+1= Ek

 mamma.jpg      pappa.jpg

 Mamma            Pappa en Keegan

Ek hoor gereeld, by allerhande mense, dat ons die som totaal van ons ouers en voorgeslagte is.  Dit het my effe verbyster.  Tot kort gelede was ek nog onder die indruk dat ek die meester (met Leiding van Bo natuurlik) van my “destiny” is en dat ek my eie besluite neem om my te pas. Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer kom ek agter dat ek dinge soos my ouers doen. 

Ek praat soos my ma (en ek lyk elke dag meer en meer na haar – dis skrikwekkend), ek dink soos my pa! My ma is n ARTIST – en ja dit is in hoofletters, want dit is presies wie sy is.  Sy ontwerp en maak teddie bere, sy verf en bak en brou – sy is vir my die toonbeeld van n artist.  Hierdie vrou het n gawe wat sy vroeg ontdek het en sy gebruik dit – elke dag. My ma is n sterk vrou.  Sy het haar geide soos almal van ons, maar sy is onwrikbaar sterk.  Sy hou ons familie bymekaar met liefde en deernis en skoon steeksgeit.   

Sy is dan ook die een met maniese depressie en n self erkende, geriabiliteerde alkaholis… +- 30 jaar… 

My pa is die sterk ou met die een-keer-praat-stem.  Hy is die een vir wie ons beide bang en ontsettend lief is.  My pa het n liefde in hom wat ek so diep in my wil he.  n Sagte mense-liefde.  Niks is ooit te veel gevra nie, niemand se pyn gaan ooit ongesiens verby nie, niemand se leed laat hom onaangeraak nie.  My pa is my held.   

Pa het n voorliefde vir houtwerk en maak die mooiste goed – op die oomblik is dit opvou riempies stoele – maar se maar net, hy is n meester.   My pa is ook n self-erkende alkaholis en is ook nou +- 30 jaar nugter.  Hy het twee koronere hartaanvalle gehad (een se die dokter was n waarskuwing dat hy beter na homself moet kyk).

In Maart hou hy op met n baie stressvolle werk wat amper sy lewe gekos het en van hom mens gemaak het waarvan hy nie meer gehou het nie.  Hy vrees die stilte en die niks-doen dae, want my pa was nog altyd teenwoordig maar altyd baie besig. 

Toe Corle van Oupa-hulle af terug kom na haar Julie vakansie kon sy nie uitgepraat raak oor hoe Oupa verander het nie.  “Mamma, hy lag weer en hy maak grappies met ons en speel met die kinders…” 

Ek hoop ek is regtig die som totaal van my ouers want ek kan aan niemand anders dink wie ek graag wil wees nie.   

(En die Mamma en Pappa ding is nie n aandwendsel nie, dis regtig so.  Ons al drie noem hulle nog Mamma en Pappa en so sal dit wees tot die dag wat ons rus…)

Rachelle 

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “1+1= Ek”

  1. Jaco Says:

    Skielik mis ek my eie ouers verskriklik. Kyk nou wat het jy gaan staan en doen, daar is wragtag nou ‘n stoffie in my oog . . .

  2. marat Says:

    Ek is so bly jou oulike ouers het so ‘n oulike kind gehad soos jy . . . 😀

  3. oopkop Says:

    Mooi geskryf. Ek dink ek is bevoorreg om nog altwee my ouers te hê. ‘n Mens aanvaar te veel sulke goed as vanselfsprekend.

  4. rb Says:

    Je, my een onderwyser het ook vir ons vertel dat mens maar altyd terugval na hoe jou ouers is en lyk. Ek was op daai stadium die maerste in die familie en wou gladnie soos my ma lyk nie – wat effe oorgewig is. Nou-ja, nou is dit te laat en verskil ek en sy maar min wat die gewig aanbetref.


  5. My ma se hande het my altyd opgeval as kind. Nou die dag staan ek en kos maak en sien, my magtag, dis my ma se hande… Jy’s gelukkig om nog albei jou ouers te he^ Koeks. Geniet hulle!

  6. Dellie Says:

    Jy is bevoorreg. Waardeer dit!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: