Party time….
Vandag hou ons party – sorry girls – sonder TAKIELA, maar nogtans n party.
Ek werk in die Konstruksie bedryf en ons soek n rede om te party … regtig!!
Ek is n firm believer in “you work hard … you play hard….!!” Ons sit almal so ongelooflik baie liefde en aandag in ons werk – dan is dit tyd vir n party!
Vandag vier ons die eerste slab op n kantoor-blok wat ons in Edenvale bou.
Dis net die professionele span – en ek! Ek het die vleis en drank en rolle en drank gereel – O, en die drank .. het ek dit al gese…?
Vanaand is dit Party Time. Ek hou daarvan om saam met ouens te party – hulle het n dieper “understanding” van party. Nie fall down drunk party nie, maar hoe om n lekker party te he sonder skuld gevoelens. Sonder om te wonder of die kinders kos het, of die honde gevoer is, of almal gebad het – hulle hou sonder inhibisies party – en dan praat hulle oor die amazingste goed.
Sex is natuurlik hoog op die agenda. Hulle se goed soos, “ek le liewer op haar as op sterwe” – hulle wag gewoonlik net eers tot hulle die enigste girl in die geselskap so n bietjie uit gecheck het – hulle vra mooi om verskoning as hulle vloek (die eerste keer) en as hulle sien jy verloor nie jou lunch nie – dan is dit “hoezit broers”.
Dan daar karre en Grand Prix en favourite teams en goed – en dan, as dit lyk asof die party gaan dood loop, dan praat ons oor RUGBY…. Dis nou waar ek begin drank aandra – want dit raak lekker…
Vanaand gaan ons party – die wat my ken sal weet – my pa het nie n bang dogter groot gemaak nie – sien julle more…
PS. Die hangover is my besigheid…
Rachelle
Augustus 15, 2007 at 11:20 vm
Ek kuier gewoonlik BAIE lekkerder saam met die mans . . . hulle gesels oor sulke interressante goed . . . So dit klink my ons sal beide lekker saam met die manne kuier . . .
Augustus 15, 2007 at 1:24 nm
ek is due vir so ‘n party – het altyd so lekker saam met boeta en die manne gekuier toe ek matriek was – nagte om gedans en gesels en gelag! Ai, mis ek dit nou…! Geniet die party xxx
Augustus 15, 2007 at 3:06 nm
Ja ek stem, die anties teen die mure tel darem die biere en skinder teveel en more is jy sommer in die moeilikheid. Geniet dit!!
Augustus 16, 2007 at 7:52 vm
Hoe voel die koppie vanmore? Hoop jy het dit gate uit geniet!
Augustus 16, 2007 at 7:55 vm
Ek hoop jy het die party geniet? Was daar genoeg drank?
Augustus 17, 2007 at 9:33 vm
Jy al nugter? Waas jou posts? 😀