Moenie met my blogs morsie…

Kyk, sowat van pennevrugte het ek lank laas op die blogs gesien.

Da Mario dig sy hart uit … ou maat as jy so aangaan sal ons nie meer kan praat van koshuis geysers nie, ons sal moet verwys na druppers as – dm-bloglesers!  Jel, maar jy het omtrent n gawe om girls te laat swoon!

Oopkop het ons laat bloos met haar passievolle Eden fantasie … Ek sal hom nog steeds met jou deel – right down the middle (ons moet net oppas vir die wobbly bits).  Ek stem saam Anja, hy is gorgeous – sit- jou -ovaries -in -n -sakkie- vir- veilige- bewaring – gorgeous!!  (Goeie skoonseun-materiaal).

Wosonki laat ons verlang na vakansies lank gelede – ek hoop regtig hulle het n jol.

En dan – Plattes – elke oggend as ek hier instap en voel ek moet die swart kleed van despair aantrek, dan lees ek vir Plattes.  Sommer dieselfde ding so vier oggende na mekaar as sy te besig raak om te blog – en elke oggend is dit “hol-skeurend”!  Ek lag so, mense kom vra my of ek OK is.  Of sy nou haar lewe of ander sin bekyk, daar is altyd iets snaaks, en dit hou my dag bymekaar.

Dellie (wanneer kry ek my koek), Ding en Eben hou dinge in perspektief en die Bosparra maak seker dat ons ander (lees Jakaranda) se snert met n glimlag verteer!

Kortom – n week sonder my blogs en julle kan my begrawe.  Ek download my emails en lees my blogs – dis die begin van my dag – don’t mess with it – OK!!

Lekker naweek hou en maak seker julle penne is skerp vir Maandag!!

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Moenie met my blogs morsie…”

  1. oopkop Says:

    Ek weet nie of dit gaan werk om hom in die middel te deel nie. Dalk kan jy hom Maandae, Woensdae en Vrydae kry en ek op Dinsdae, Donderdae en Saterdae. En dan maak ons maar beurte vir Sondae. LOL

    Ek wonder ook wat gaan met Da Mario en sy love story gedoentes aan. Only time will tell.

    Wonderlike naweek vir jou.

  2. Dellie Says:

    Ons het ‘n lekker ou klompie geword, ja, ek MOET ook elke dag oral gaan draai! Verlede week was my internet af vir VIER URE en ek het amper omgekom! Hehe, dis lekker om julle te leer ken!

  3. Da Mario Says:

    Daar gaan g’n niks met my aan nie…. 😀

  4. kokkewiet Says:

    Ek stem – my dag kan ook nie begin as ek nie eers n draai by almal se blogs gemaak het nie. Lekker week vir jou!!

  5. Jo-Ann Schou Says:

    O griet, dit raak nou net hopeloos te veel. Ek lees nie meer koerante of tydskrifte nie – vang die hooftrekke op News24 en lees blogs. Meer gereeld as eet. Lekker aand…..


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: