Augustus….

Augustus is regtig, in finansiele terme, n donerse slegte maand! 

Almal wat kon fornikeer in November van enige jaar, het dit toe nou gedoen sodat ek in Augustus nie n sent op my naam sou he nie!  My gevoel is dat daar n long-term plan was, of n sameswering van een of ander aard. 

Hier sit ek, 20 Augustus 2007 – sonder n pennie op my naam, maar met mense wat my ewig dankbaar sal wees oor ek hulle verjaardae (en meer belangrik, hulle persente) nie vergeet het nie! 

Die 7de Augustus verjaar my seun – boeta wil n hi-fi he want Corle en Jeanne het elkeen op 15 hulle eerste hi-fi’s gekry.  Boeta kan niks van wiskunde en wetenskap onthou nie, maar as dit kom by verjaardag tally hou is hy n meester!! 

Toe verjaar die baas se vrou – ek is nie seker of ek n softie is en of ek shloep nie, maar sy moes toe ook ge happy-birthday word. 

Die 19de Augustus is pragtig mooi en n heel lekker dag maar ook die duurste verjaardag van almal – Ouma s’n.  Ouma het n sagte plekkie vir mooi goed van glas wat mooi kleure maak ens.  Dus spring ek toe in die kar en gaan soek vir n kristal dingetjie wat lig reflekteer.  Ek kom broke by die huis en moet myself aan die RSM verduidelik.  Dit het nie so lekker afgegaan nie, maar ons praat darem weer met mekaar – dit is per slot van rekening, SY MA wat sulke duur smaak het. 

Vandag is dit my sus in Oos-London se verjaardag – sy word 39.  Haar great big 40th is volgende jaar en ons wil so graag gaan kuier om dit saam met haar te vier – vandag kry sy net blomme en baie liefde.  (Het jy al blomme in n vreemde stad probeer koop en laat aflewer?? – dit kos jou twee arms en n been – en n lewer vir Bart). 

Daar is nog so twee kleintjies …. En dan… 

Die RSM hou darem uit tot die laaste dag van Augustus (en die duurste geskenk van almal want hy wil “nooit regtig” iets he nie – dan koop mens maar) wat gewoonlik vir ons almal n seening is, want teen daai tyd lewe ons nou al op die laaste blerrie salti crax van die maand…. 

Aan ALMAL wat in Augustus verjaar – HAPPY BIRTHDAY TO YOU … 

In September gaan alles weer beter (en dan kom Krismis)… 

Sal almal wat baba’s wil he asseblief net November uitlos.  Ek dink nie my finansies kan nog n Augustus baba hanteer nie!!

 Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

7 Kommentaar op “Augustus….”

  1. oopkop Says:

    Ek sal probeer om so te fornikeer dat ek nie in Augustus kraam nie. 😛

  2. Koeksuster Says:

    Baie Dankie Anja, jou samewerking word opreg waardeer!!
    R
    PS moet net nie ophou oefen in November nie – OK?

  3. oopkop Says:

    Ek sal my beste probeer om in November te fornikeer.

    Ek rym selfs vir jou 😛

  4. Eben Says:

    Koekie ek verjaar in Sept het jy vergeet …. kan dit nie glo!!

    Eben

  5. Dellie Says:

    Hou moed, die maand is amper verby! Jy sal maar moet beginne spaar vir volgende jaar…

  6. Da Mario Says:

    Ek vergeet verjaarsdae. Anja, ek sal solank die ouens waarsku! 😛

  7. Jaco Says:

    Ag jeez, en ons het nogal gedink ‘n Augustus babatjie sal so cool wees, synde dat ons almal in Oktober verjaar!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: