Water en All Bran Flakes

In commiseration met my goeie pel Narcosis, is ek ook weer vandag terug op die water en All Bran Flakes.

Die son skyn, die voeltjies sing en ek gaan so maer wees hierdie somer – ek gaan soos n miljoen dollar voel.

Die enigste manier wat ek ken om dit vinnig en sonder te veel ergernis reg te kry is All Bran Flakes en water – baie, baie water.

Die gegeurde tipes – Bon Aqua en dies meer, is great vir hierdie doel want hulle het baie min kilojoules en dis nie so sleg soos die tripe wat uit die krane kom nie, maar as jy dit nou nog gesonder wil maak, gooi baie ys daarin. Dan word dit afgewater soos wyn en die eind resultaat is nog minder kj’s. Dit werk.

Ek sny net nie al my rooivleis uit nie. Ek sal dit nooit oorleef nie.

Ek eet n stukkie biltong (hou baaaaie matigheid voor oe) as ek begin dun raak. Die biltong hou lank in die maag en help my om vinniger gewig te verloor. Ek pik-pik nie so tussen-in aan al die lekker goed nie.

Wanneer ek hierdie “dieet” volg is ek ook nie lus vir soet goed nie. Die bietjie soetigheid in die water hou my aan die regte kant van die wet en ek bly nie honger nie, want die All Bran en klein bietjie biltong hou my op die pad.

Vanaand as ek by die huis kom, maak ek vir my n bokkos slaaitjie met tamietie, kropslaai en repeater pampoentjies en n klein bietjie mayo, net n teelepel. Dit sal ek eet saam met whatever vleis die familie eet.

Die Dr. het op n stadium gese n mens moet jou laaste maaltyd voor 7uur in die aand eet (of 3 ure voor jy gaan slaap) sodat dit nie in jou maag bly le nie. Dit werk nogal vir my. Die eerste twee dae is daar ook nie eers n proeseltjie wyn nie, maar ek mis dit nie regtig nie – dis weer die water wat oorneem.

Nou ja, my gewigsverlies geheime is nou met almal gedeel. Binne die volgende paar dae gaan ek mooi en maer wees – Sterkte aan almal wat saam met my swoeg, maar hel dit gaan die moeite werd wees om n bier te kan drink sonder om sleg te voel.

Groete,

Rachelle

Narc – hou die vlag hoog ou pel, dis nou nie meer ver nie, moet net nie ingee vir versoeking nie, in elk geval nie meer as so 2 keer per week vir KLEIN versoekinkies nie.

Anja – dink aan jou.

Batty – waar is jy – ek bekommer my vrek.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Water en All Bran Flakes”

  1. Dellie Says:

    All Bran en water reken jy? Miskien moet ek dit ook try! Ek moet juis ook ernstig so ‘n paar kilo’s verloor.

  2. Jaco Says:

    Koeks, I will try my best, but this is going to be one hell of a fight!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: