Dag Twee …

Ek gaan nou regtig nie elke dag aftel nie – dit sal nou, in die woorde van n goeie maatjie, bekakkingswaardig wees, maar ek wil tog se….

Na gister se inskrywing het hierdie storie ge-snowball soos selfs ek nie kon droom nie.  Ek het vir Dellie en RB bygekry – ons sal so elke 2 weke weeg – gaan kyk gerus na Dellie se site – sy het oulike idees om tred te hou met die gewigsverliese.  Jy is nogal oulik, huh Dellie??

Hoe meer sielle, hoe meer vreugde, so kom ons kyk hoe dit werk.

Die wat nog wil “aansluit” is welkom om of hier, of by haar julle details te los.  Ons vra n naam, n huidige gewig en n teiken gewig.  Dan update jy maar soos jy lus voel, maar weeg elke twee weke op die sperdatum wat sy vir ons sal gee, en ek hier sal herhaal.

Kom ons gee dit n GO!! 

Soos Dellie so mooi gese het, as jy dan nou n glipsie begaan, is jy welkom om te kom bely – almal van ons sal - een of ander tyd.

Sterkte aan al die mooies – mag julle een van die dae maeres ook wees.

R

PS – Hoe lyk dit daar – Uitgedaagde – het jy al gecheat??

Advertisements
Explore posts in the same categories: Mooi en maer

2 Kommentaar op “Dag Twee …”

  1. Jaco Says:

    Cheat? Ekke!!!??? Ek is van cheat aanmekaargesit! Maar die keer hou ons hom tussen die drade.

  2. Dellie Says:

    More Koeks,

    Ek is baie trots op myself sover, nog niks gekroek nie! Maar ek is so opgewonde oor die hele ding, dat ek skoon vergeet om honger te word.

    Dis BAIE lekker dat ons almal dit so saam doen.

    Sien miskien later inni chatroom, andersins, hoop jy het ‘n heerlike naweek!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: