My wonderlike naweek….
Saterdag was n write-off. Ons kon net sowel by die huis gebly het. Om die heeldag op jou voete te staan en mense se tjol op te vreet vir R450.00 is wragtag nie my idee van fun nie – maar – dis R450.00 meer as wat ons gehad het toe ons begin het – so ek mag seker nie kla nie.
Ek het Saterdagaand gaan weeg – (spits jou ore Dellie) – en raai wat….. Maar wag, dis net-nou se storie.
Saterdagaand, na pa die hele dag geskiet het en ek gewerk het, val ons pootuit op die bed neer – die lekkerste deel van n Saterdag – en gesels strooi vir ure aan een. Dit was so lekker om weer te kon connect – ons doen dit te min – en dan verloor ons soms sommer n week op n slag van mekaar.
En toe…
Sondag-oggend!!
Ek het al vir baie mense vertel dat ons n “verjaardag familie” is. Dis groot dae vir ons – ons sien maande lank daarna uit en maak dit so spesiaal as moontlik.
Sondag was n fees – n absolute, onvergeetbare fees!! Die kinders en Johan het my so bederf by die huis – koffie in die bed, al die persente. Hulle het gesing en na ons die verjaardag Bybel lees en bid gedoen het, het ek al my wonderlike geskenke oop gemaak. (Pa het gelees van die deugde van n vrou – dit voel asof ek al vergeet het hoe wonderlik ons is…)
Corle en Alex het vir my n Waterman pen gegee – die Hemisphere – n ink-pen wat ek al maande graag wil he. Alex werk vir die pakhuis waar die goed gestoor word wanneer hulle ingevoer word en kry hulle teen “next to nothing”. Dit is so mooi…!! Jaco het vir my n bottel van my gunsteling chocolate cream liquer gegee en by pa het ek die mooiste hangertjie en armband gekry. All in all – absolutely blessed!
Ons gaan toe Pretoria toe (via die Army of course) vir n birthday breakfast. Ek is so geseend om hierdie mense in my lewe te he. Marat en Narc (dankie vir 1.3kg tjokkies), BB en haar Liefie (dankie dat jy jouself met my gedeel het – dit is vir my so spesiaal) en Anja (my sterretjie borrels het n spesiale plek) en Battie (hoe het jy geweet??), met kinders en bier en breakfast en koffie en nog persente en baie, baie liefde. Hierdie is een van daardie dae wat n mens naby jou hou wanneer dit soms donker raak en jy nie by jou hart se venster uit kan sien nie….
Ons was 3uur by die huis, Jeanne en Mian het ook bederf en gekuier vir ure.
Oooooh, en die gewig – 1.3kg verloor – ek is baie, baie trots op myself. Ek het omtrent 1.3kg in tjokkies gekry vir my verjaardag – so daar gaan daai een, maar daar is alweer nuwe uitdagings – lekkerrrrr! Dankie Narc, jy is n waardige opponent en net so n waardige wenner!
Baie dankie aan almal wat mooi wense en liefde gestuur het. Julle is almal vir my dierbaar en ek kan regtig nie my lewe sonder julle almal voorstel nie.
Baie liefde
Rachelle
PS. Battie, daai blomme van jou maak my hart warm elke keer as ek hulle sien.
September 17, 2007 at 9:29 vm
Baie geluk met jou verjaarsdag!! Mag jou jaar gevul wees met liefde,geluk,sonskyn,baie familie-samekomste en baie geld! Ek is bly almal het dit vir jou spesiaal gemaak,dis omdat jy so spesiaal is! Calista het Saterdag vier geword en sy is omtrent bederf die afgelope week, het laas naweek partytjie gehou in Kathu by my sussie-hulle,want sy het daarop aangedring dat sy by haar niggies wil verjaar,springkasteel,barbie-koek,lekkers,geskenkies, toe weer Vrydag koek en geskenke by kleuterskool, Saterdag weer geskenke en Spur toe gevat. Sy vertel vir almal sy verjaar 2 keer,lol.
September 17, 2007 at 9:40 vm
Ek hoop jou dag was uit die boonste rakke! Die kuier was lekker, bly jy het dit geniet!
September 17, 2007 at 10:01 vm
Lucky guess?
Hoop die week wat kom is net so great!
mwah!
September 17, 2007 at 10:07 vm
Dankie Feetjie.
Marat – dit was. Ek is geseend.
Ek weet nie Da Mario – was dit n lucky guess??
Volgende naweek gaan rustig wees – pa in Swaziland saam met die – ja you guessed it – Army en ek by die huis met die kinders. Ek is so lus en gaan na ouma toe vir die naweek. Dit sal lekker wees!!
R
September 17, 2007 at 10:19 vm
Hi Koeks,
Jammer dis laat, maar dit klink of jou verjaarsdag heerlik was. Mag die jaar wat voorlê vir jou allerhande mooi dinge inhou, en mag jy omring wees deur mense wat vir jou lief is!
En geluk met die 1.3kg wat af is! Ek kom ook net rapporteer dat ek 2kg verloor het. Is ons nie oulik nie?
September 17, 2007 at 12:14 nm
Ek moet bieg, ek kom nie eintlik op jou blog uit nie, maar lees jou raak by SSSB, Dellie, ens. Maar gisteraand het ek van jou gedroom!! Nou sien ek jy het verjaar. Was die droom dalk oor jy die birthday girl is? 😀
September 17, 2007 at 1:53 nm
Boendoe,
Ek hoop so!! Ek kan maar moeilik wees so ek hoop dit was n droom, nie n nagmerrie nie – hehehe
Dankie vir die inloer!
Koeks
September 17, 2007 at 3:57 nm
As ek geweet het, het ek jou geskakel.
Maar: … Baie baie geluk met die herdenking van jou geboorte dag. Mag daar tonne mooie, gelukkige en geseënde jare vir jou gespaar bly. My grootste wens is dat Onse Liewe Here jou sal seën, en lank sal spaar, vir hulle wat jou lief het. En laastens, mag al die mooi en opregte wense vir jou waar word die komende jaar.
Liefde
Eben