Laat die kindertjies na My toe kom….

Is dit nie mooi nie?

mooi.jpeg

Daar is n paar van hierdie amper onwerklike foto’s wat op die oomblik die rondte doen. Ek dink elke keer as ek hulle sien, aan my kinders wat slaap. Hulle gesiggies was so “heilig”, so onaangeraak deur seerkry en frustrasie en onvervulde beloftes…

En dan is daar hierdie…

watermelon-baby.jpg

Wat my herinner aan elke Sondagskool piekniek en familie byeenkoms wat ons nog ooit gehad het.

Kinders wat met vuil gesiggies en nog vuiler hande waatlemoen eet en mekaar besmeer met die skille.

Daai skril laggies van kinders wie se lag amper opgeraak het – sulke vae wasempies geluk wat rond dryf in somer stiltes op die plot.

Lang somer dae wat eindig in familie-geselsies op die stoep wanneer die son ondergaan en die aand-briesie stoot deur die wilgerbome.

Die sonsondergange…kleure wat jy nie aan mense kan beskryf nie!!

R

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

7 Kommentaar op “Laat die kindertjies na My toe kom….”

  1. Fairydust Says:

    Pragtig, niks mooier en kosbaarder as kindertjies nie!

  2. marat Says:

    Ek verlang nou sommer na mense wat ek nie ken nie . . . mooi geskryf Koeks! 😉

  3. Eben Says:

    Lekker en mooi posting …. maar ek hou van daardie waterlemoen want daar gestoei word. Al wat jy reggekry het is dat ek baie lus vir ‘n waterlemoen is soos ek hier tik …..

    Dink mooi, wanneer laas het julle ‘n lekker SOET en BLOEDROOI waterlemoen geet? Regtig, ek het my al mal gesoek in Nelspruit in die Spar’s ens maar vind dit net nie. Is daar teveel spuitstowwe wat maak dat hy nie self kan groei en gedwing word om vinniger reg te wees vir die mark?

    Ek vra maar net!!

  4. Roer Says:

    Hoe lus ek nou vir daai waatlemoen!

  5. BB Says:

    Nice, Koeksie, rrig nice! x

  6. Dellie Says:

    Sal ons maar ‘n waatlemoen dieet probeer? Ek is ook nou lus!

  7. Da Mario Says:

    Dis ‘n stunning foto!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: