Wat de hel is n Cylinder Head…??

Vrydag more staan ek op met n lied in my hart en jaag garage toe vir die laaste spoegsel petrol voor pay-day.  Ek doen al die checks en meters en laat pomp selfs die bande 2.2.

Spring op die highway en weg is ek… net om te gaan staan. 

Die eerste keer toe ek onraad bemerk, gaan staan die kar teen n afdraende en ek start haar soos n wafferse pro in tweede – maar ek ruik iets snaaks.  Ek dag toe ek is net paranoid – soos Corle sal se – en ek woerts verder.  Ek wil darem een dag n week betyds by die werk wees.

Die tweede keer toe sy gaan staan en nie weer wil start nie, toe weet ek – die skrif is aan die muur.  Ek vra mooi dat die koerant mannetjie en die 4 Zimbabwe’se sonbril verkopers my gou uit die pad stoot – en daar staan ta…!  Klaar gelag!!

Ek bel die RSM in n desperate poging om hulp – hy is oppad Pretoria toe vir n vergadering, en ek kry daai “hel, kan julle vrouens niks vir julle self doen nie” toon in sy stem – en ek pluk my moer – net daar!   “Los my” se ek, “ek sal self n plan maak”.  My eer is gekrenk oor sy houding en ek is dik de moer in vir die kar waaroor ek al weke kla – maar ek is mos net n girl – wat weet ek nou.  As die wiele draai, werk die kar.

n Insleepdiens-maatjie van my kom tow toe die kar – 11.30.  (Ek sit toe al meer as 3 en n half ure in die son) – en vat die kar na ons mechanic (ek vertrou hom nie sover as ek hom kan doodslaan met n paperclip nie) toe. 

Die diagnose – n gekraakte Cylinder Head – wat de hel is dit??

Van Saterdag-oggend af is ek n grasweduwee en toe die oproep vanoggend kom, is ek dankbaar om te kan se, het Jaco my gehelp en beduie.  Nou weet ek waar die ding sit en dat dit my n pophuis vol geld gaan kos om hom reg te maak.

Die RSM is in sy noppies oor ek “iets vir myself” kon doen – en ek is out of pocket met R900.00 oor die waterpyp op die kar gebars het – (vir die kar fundi’s onder ons – die heat guage het nie gewerk nie, want blykbaar het die thermostat op n ander geleentheid die gees gegaf). 

Ek sit toe maar n dag se verlof in en hoop vir die beste – plaas ek maar gebid het – die dikbekke hier by die werk is amper erger as die gebreekte Cylinder Head …

Terug na die soutmyne… sien julle weer!

R

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan

7 Kommentaar op “Wat de hel is n Cylinder Head…??”

  1. Jaco Says:

    Foute Oral Reparasies Daagliks. Hehehe die dinge gebeur maar. Sterkte met die mechanics

  2. marat Says:

    Liewers jy as ek . . . 😉 Sterkte :-*

  3. koeksuster Says:

    Dankie Marat, ek hoop net dit beteken jy het darem n bietjie simpatie…:)

    R

  4. Dellie Says:

    Dis erg om ‘n week so af te sluit! Ek weet ook niks van karre af nie…maar hier by ons is mens darem gewoonlik loopafstand van alles af. Darem een voordeel.

  5. marat Says:

    O ja, suster. Ek het simpatie vir jou. Ek en Jaco het 4 jaar uitgegaan voor ek hom toegelaat het om aan my Stoffel te vat – moes homself mos eers bewys! Alla, ek laat mos nie enigiemand aan my Stoffel werk nie. Ek het altyd bygestaan as daar gewerk word sodat ek kan keel skoonmaak as die spanners vlerke kry . . .

    So, yes, ek ken van. Daarom wat ek sę: Sterkte!

  6. BB Says:

    Ek is ‘n stereotipe ( 😉 @ Jaco) – sukkel steeds om ‘n bonnet oop te maak, maar ek kan ‘n skirt tot onder my naeltjie optrek en hulpeloos lyk, terwyl ek langs daai gestrande kar staan!! 🙂

  7. hexi Says:

    Ou koeks ek sou ook nie van veel hulp gewees het nie, maar ek sou saam jou in daai son gestaan het. Ongelukkig BB kan ek nie my skirt optrek nie want my ou lyf sal hulle net vinniger laat verby jaag. As ek nou so daaraan dink wil ek nie eers saam myself gestrand langs die pad staan nie! lol. Jy’s darm oraait koeks, en ons is dankbaar. ((((koeks))))


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: