Desember is vakansie tyd…!!

Ons was gisteraand, vir die eerste keer in n lang tyd, op die regte plek, op die regte tyd!

Johan se ma – Ouma Sannie – doen houtsnee.  Na omtrent 200 jaar gaan sy nog steeds vir lesse by tannie Marie in Randfontein.

Tannie Marie besit twee blokke tyddeel in Dikhololo – een vir die einde van die jaar vanaf die 14de Desember tot die 23ste Desember.

Gisteraand bel Ma en vra of ons nie die tyddeel by tannie Marie wil koop vir R2000.00 rand nie.  Ek het gespring vir die kans.

Dis in Leeu-kamp – binne loop afstand van alles en boonop - Vakansietyd.

Ek het sommer vanoggend – met geld wat ek nie het nie – die deposito betaal.

Ek sien so uit hierna.  Daar is net 5 slaapplekke en niemand anders as die familie kan saam gaan nie. 

As Jeanne besluit sy wil nie gaan nie, sal ek Corle se boyfriend – Alex – insleep en hom saamvat, maar eintlik wil ek net die familie daar he.  Om weer kaart te speel tot laat in die nag, geen TV gee radio.  Baie swem en kuier.  Ek kan nie wag nie!!

Ons het soveel mooi herinneringe aan Dikhololo – al die lekker dinge wat ons al daar gedoen het as gesin.  Al die mooi foto’s van die kinders.  Ek het sommer gisteraand alles gesit en uitpak en nostalgies geraak.

Wat maak julle hierdie Desember vakansie??  Ek en my gesin gaan Dikhololo toe…!!!

R

Vandag wil ek sommer n paar foto’s van die familie deel:

supper-jocks-004.jpeg

Dis ek en Johan oppad na n formele ete by die Jocks.  Ek was lekker dik – het darem al n paar kilo’s verloor.

alex.jpeg

Hierdie is Alex – Corle se BF.  Die kind met die mooiste maniere wat ek nog ooit gesien het.  Ook in die army – hy is in die Scottish Regiment.

jeanne.jpeg

Dis so n mooi foto van Jeanne hierdie.  Ek kan nie glo my ou babatjie is al 20 jaar oud nie.

corle-jeanne-mian.jpeg

Dis Jeanne, Corle en Mian – Jeanne se BF na ure se speel in die swembad.

corle-en-jeanne.jpeg  My twee girlies.  n Mens kan nie glo hulle is susters nie.

En natuurlik – die familie clown-

jaco.jpeg Ons hou hom net aan vir die laughs!!!

Groete

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan, Uncategorized

6 Kommentaar op “Desember is vakansie tyd…!!”

  1. marat Says:

    G’n wonder jy giggel somtyds so senuweeagtig nie, lol! πŸ˜‰ Julle’t mooi kinders!

  2. marat Says:

    Dis nou assuming die res van ons het vakansie!?! Ek moet die hele Desember werk, en kan nie verlof vat voor Mei nie! Woe is me . . . 😦

  3. Jeannie Says:

    Hoop julle sal n amazing vakansie he!

    Darem nie meer solank nie, 2 maande dan is jy amper daar.

    Enjoy,

    Lieflike kiddies….

  4. Da Mario Says:

    Nou hoekom as ek skryf “Lieflike kinders” gaan almal dink ek hit op Corle… πŸ˜†

    Ek het nie ‘n idee wat ek Desember gaan doen nie, sal maar nog moet sien wat voorval. Dis my eerste vakansie in ‘n dekade seker sonder ‘n gesin, so ek reken the sky’s the limit? Sal sien of ek ‘n nice 18 jarige iewers kan saamneem see toe… :mrgreen:

  5. Dellie Says:

    Jou familie is pragtig!

    Desember is ek af, maar Liefie werk gewoonlik, so ons breek net so bietjie weg oor Kersfees of nuwejaar. Het nog geen defnitiewe planne nie, maar sover gaan ek lui lekker leeglκ.

  6. BB Says:

    So, wat seg julle b(l)oggers?? Gaan ons ‘n surprise visit by Koeksie afsteek? Daar ini leeukamp…. bring net skoon onderklere!! πŸ™‚


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: