Ek het nie woorde nie….

geddes237.jpg

Al sal ekkie tale van mense en van ingelse praat,
ma ek het nou die liefde geloop geryl virrie haat,
dan het ek ‘n raaslike paraffienblik gestaat raak.

Al was ek so slim lat ek niewe goeterse kan maak,
ma ek het die Jirre se liefde byte innie son gelat l,
dan is ek niks, hoor wat ek hierie vedag vi jou s.

Al gjee ek my hele bokke weg, net om te die ag te h,
dansal ek al hierie dinge my nou nog niks gepetaal hettie
as ekkie die liefde ytie jimmel yt kan geloop haal hettie.

Die regtige liefde die se bek is nooit nie dikkie,
jy sien hommie skinner en jy hoor hommie klikkie,
hy skrywe die kwaad okkie in boekietjiese oppie.

Die liefde maak alles mooi toe met hy se sawwe karos.
Tale die hou op, voorspellingse vedwyn en woorde raak los,
ma die liefde die sal nou tot by ewagheit toe net so bly staat.

Toe ek nou ‘n kjent gewas het, toe’t ek sosse kjent gedink,
en vedag sien ek net troewelte innie gorrawaterse blink,
ma eendag sal ek die Jirre se hele waarlikheit gat weet.

En nou is dit die geloof ennie hoop ennie liefde wat bly staat,
ma nettie liefde sal saam met my narie Jirre se jimmel toe gaat.

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Ek het nie woorde nie….”

  1. Dellie Says:

    Amen! Dis pragtig, ek gaan dit sommer op die yskas sit!

  2. feetjieland Says:

    Baie mooi…

  3. platterfuss Says:

    Wie ever daai woorde so ‘gesit’ het, het MOOI gesit!!!

    Me like Koeks!!!

    ((((((R))))))

  4. BB Says:

    Hierdie woorde is nie net vir lees nie, dis vir ‘voel’. Mooi ges, Plattstetjie! x

  5. Marina Says:

    Soooo MOOI…..Dankie Koeksie!!!!

  6. Koeksuster Says:

    Ai, dit het my hart so gemaak voel. Van warm dae en van groot lesse en van my Nana Rachel wat ons opgepas het toe ek n kind was.

    Die nana’s en die outas het altyd buite die badkamer deur gesit en sing terwyl hulle gewag het vir my pa om hulle te betaal.

    Hulle het so n rykheid gehad wat n mens wou laat goed doen – ek verstaan nie, maar ek weet!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: