Stil…stil….

En stil-stil verloor ons toe Vrydagmiddag maatjies – en ons weet dit nie eers nie.

Ek neem aan n mens groei, word gevoed deur iets soos SSSB se chat, en dan gaan jy aan en gebruik jou “ervaring” om jou lewe ryker te maak – erens anders.

Ek gaan julle mis – maar ek weet waar ek julle kan kry as ek raad en hulp nodig het.  Dankie vir julle….

Hierdie foto is vir my die versinnebeelding van Sussies.  Om n sussie te kan he is n baie spesiale vergunning van Bo.  Ek kan my die lewe sonder myne nie indink nie.  Ons praat nie elke dag nie, ons hou mekaar op hoogte van verwikkelinge in ons lewens, ons bel nie die foon voos nie, maar ons is lief vir mekaar en altyd daar as die ander n krisis het – en dis gewoonlik redelik gereeld.

Nou hoe leer ek my kinders van die spesiale “bond” – of laat ek dit oor aan n Groter God om te bepaal wanneer hulle hierdie duur les moet leer – Sussies is nie net maatjies nie – hulle is soos longe – jy kan nie sonder hulle nie!!!

geddes228.jpg

Lekker week almal

R

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Stil…stil….”

  1. lanaba Says:

    ek is nie by nie – wie het ons verloor….

  2. Roer Says:

    ‘n Ongelooflike mooi foto!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: