Daar was droogte.  Die werk was te veel en die ek-tyd te min, so my pennevruggies het opgedroog, maar, soos die kat in die storie, kom ek weer…

Die laaste paar dae was wild.  Kan jy glo, hulle verwag van my om een uur in die oggend te ry tot hier, dan een en n half-uur terug huistoe … en dan moet ek nog werk ook – verregaande!!

Ons het site-braaie (dis mos nou weer Social-tyd) en Roof Wet’s en you name it… dis hel om so n sosiale kalender te he.

 

/me koop nog n swart nommertjie…

Die naweek is vol van sy eie drama.  Dis die El-Alamein parade Sondag.  Vir almal wat nog nooit n parade gedoen het met n helse Rugby-hangover nie, kom kuier saam met ons Saterdag-aand.

Die besluit is geneem om die game by die View te gaan kyk – dit in homself mag dalk n slegte besluit wees. 

Die parade begin 10uur vir 12uur.  Dit werk so:

Eers moet die Army genoeg mense kry vir n parade – dit vat so 6 maande.  Seine wat moet deurgaan en opleiding wat gedoen moet word etc.

 

Dan word 20 miljoen oproepe gemaak om almal aangetrek te kry – of dan – die korrekte uniforms gereed te kry.

10 uur Sondag-oggend trek groot mans mekaar aan – dit moet net reg en perfek wees.  Dit vat die meeste van hulle omtrent n uur om boots te polish en knope te vryf en sulke shit (die ergste wat met my gebeur is geleerde sykouse).

Sammajoor dit en Sammajoor dat en ek het my dit vergeet en my dat verle…

Nou is ons aangetrek – dank Vader.  Dan is daar offisiele toasts – so 6 van hulle – so ons is getrek nog voor ons op die parade-grond kom – go figure!!

Nou word ons almal uit-gemasjeer uit die gebou (as jy gelukkig genoeg is om in een te wees) en op die parade-grond in die son staan gemaak.  Vir laaaaank…

Dan terug na die “klub-huis” en die drank – vistaan djy nou???

…. En dit na RUGBY – hoe is dit regverdig??

 

Dis hoe n Parade nie lyk nie – hierdie is n grens patrollie gestap in Suid-Wes in 1984 deur die RLI (Rand Light Infantry).

 

bc84patrol1.jpeg 

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

8 Kommentaar op “”

  1. Da Mario Says:

    Ja, die parade is nou vol bierpense…. 😆

  2. Da Mario Says:

    Laat ek sien of ek Sondag nugter genoeg is om Jhb toe te ry, dan sien ek julle by die parade…

  3. Koeksuster Says:

    Vistaan djy – dis tyd vir n goeie kuier – maar hoe op n hangover??

    Onthou dis jacket en tie – die een is official!

    Ek sal seker maar weer overdress tot die ontsteltenis van ieder en elke stads-moeder, ag shame.

    Sien jou Sondag en mag die beste Bokke wen.
    R

  4. marat Says:

    Geniet en moenie te veel gis in die warm son nie! 😉

  5. Eben Says:

    Koeksuster ek kan net smile. Da Mario dis waar almal tree seker aan met boepies … gie gie!!

  6. Koeksuster Says:

    Moenounie lelik wees nie manne! Die arme ouens kan ook nie help dat hulle deur die groot ongeluk (huwelik) moes worstel en so anderkant uigekom het nie. Ek het nog nie een sien omkap nie – maaind joe – dit kan dalk Sondag verander – hehehe
    R
    ………presenteeeeeeeeeeer geweeeeeeer……..

  7. Dellie Says:

    As jy nou wil overdress, kry vir jou ‘n moerse hoed met wye rande, dan kan jy darem in die koelte wees en nie gis nie… 😆 en onthou die donkerbrilletjie..

  8. koeksuster Says:

    Ou Dellie,
    Dan kry ek nou weer vir weke daai kyke – “is die girl gesond?”. Soms doen ek dit net om te kyk hoeveel foto’s daar van my geneem word teenoor die vaal Tina’s in die tweede ry.

    Laaste count: Me 8 – Them 2


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: