Die “Official Arrival”…

Goeie Maandag-more aan een en almal. Ek hoop julle week het vlerke en dat myne vir n verandering n klein bietjie meer besadigd sal wees as die laaste een. Ek raak nou te oud hiervoor!!!

Ons het nog na Army naweek met dorings belewe, maar ons is nog hier – dit moet n goeie teken wees.

Nou, die rede vir my post vandag, asof ek n rede nodig het – hehehe…

Ek is genooi vir aandete saam met die Burgermeester van Johannesburg – is dit nie unreal nie. (eintlik Johan en Partner). Dit is blykbaar een van die perk wat ek het omdat ek die wonderlike keuse gemaak het om my 20 jaar terug aan n RSM te verbind, al het ek dit nie toe geweet nie.

Nou is dit klere, en skoene en goeters en dinge. Ai, ek is so opgewonde. Die funksie is formeel in die official boardroom van “his mayorship” en die girls kry n bietjie die geleentheid om uit te hang.

Die Saterdag is dit die Freedom of the City parade – wat die grootste een op die kalender is vir 2007 (eintlik elke jaar) en die Sondag is dit die eenheid se parade by die Senotaaf – dis kleiner, maar net so belangrik soos die een Saterdag.

Dus, die volgende paar dae gaan julle alles van rokke en skoene en hoede en goede hoor – se maar as julle gatvol raak.

Ek het nou baie oplees werk om te doen voor die 8ste November – ek kan nie daar instap en my naam gat maak nie, kan ek – veral nie voor die Burgermeester nie.

Hou maar duimvas.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan

6 Kommentaar op “Die “Official Arrival”…”

  1. Dellie Says:

    Sjoe, dis nogal ‘n eer, n! Nie almal wat so ‘n geleentheid kry nie. Ja-nee girl, jy sal moet opbrush en uithang! 😆

  2. René Says:

    O my genade, een van die dae moet ons jou as Mevrou aanspreek! Groete vir die Burgermeester en sterkte met die rok-soekery!

  3. Marina Says:

    YOU GO GIRL….HAAL UIT EN WYS!!!

  4. rb Says:

    Natuuuuuuuuurlik wil ons alles hoor, van die skoene en hoede en dinge en die ete en leer ons sommer so ietsie saam met jou oor die etiket, ens.
    Al wat ek weet is: dit wat met jou vurk in jou mond ingaan, moet weer met hom uit, so jou olyf pit, moet weer met die vurk uit en blykbaar hoef jy nie verskoning te vra om hoender met jou hand te eet nie??!!

  5. 007Meisie Says:

    Sjoe! Jou wintie! Ek kom loer hier na jou plekkie in die kieburruimte en toe is dit heel interesant! Sterkte! Haha – break a leg 😀 Tune bietjie daai klomp oor die crime LOL! En sommer oor die vuil strate en kwota stelsels en black empowerment en wat nog! Nie almal kry so kans nie! Maar eet net eers klaar, netnou jaag hul julle weg voor die kos bedien is 🙂

    En ek s amen op die post oor die mans in uniform – Sexy bly maar sexy! My ouboet en liefde ook in diens van onse army!

    Bravo 2 oor en uit!

  6. koeksuster Says:

    Dankie vir die morele ondersteuning almal. Ek sal julle op hoogte hou. Ek het reeds n baadjie (so n Grace Kelly nommertjie – understated elegance), nou moet ek nog shop vir n romp – mag nie n broek dra nie.

    RB ek weet net as dit by Port tyd kom is dit pass with the left and drink with the right (hand). Die res kan julle gerus help mee (dankie vir die olyfie!).
    r


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: