www.SARSefiling… Insanity!!

In my hele lewe is ek nog nooit so om die bos gelei nie!!

Hier sit ek met my hele bondeltjie pampierietjies en my oortuiging dat e-filing waarlik vir my die lewe gaan makliker maak – net om agter te kom dat my IRP5 en my ander veilig-bewaarde dokumente nie waarborg dat ek ook n spot of e-filing of enige ander SARS “ons help jou dadelik” web-page gaan kry nie!

Ek sit nou al die hele verdompde more met n password en n naam en kan nie die duiwelse ding laat werk nie. 

Die invul is niks – glo my, as ek eers deur die “sign in” prosedure gekom het, sal die invul soos n Sondag piekniek wees.  Die ding wil net eenvoudig nie saamwerk nie.

Ek weet die sisteem is besig, hel, more is D-Day – maar is dit so besig dat hulle my nou, na al die jare se opgawes nie eers ken nie.  Ek het oor die afgelope jare duisende rande aan die bodemlose pit oorbetaal, vanoggend ken hulle my nie.  Ek het blykbaar heeltemal van die radar verdwyn – “no previous returns” – se gat man!

Ek bel toe maar my konsultantjie, wat op die oomblik glad nie eers my naam wil hoor nie – (ek wonder hoekom) - en vra vir hulp.  Sy lag my uit – “het jy jou wragtag gedink jy kan nou eers file – waar was jy – onder n klip”?

Ja, ek was onder n klip.  Ek het my kop daar gebere en gehoop hierdie jaar gaan ongesiens verby – belasting gewys natuurlik.  Ek het al 4 petrol prys verhogings oorleef.  Die prys van melk gaan gedurig op (en in my huis is dit soos water), brood het al opgegaan, selfs blerrie mieliemeel is duurder – pap en tik – huh – duur opsie as jy my vra.  Nou moet ek nog vir die regering die swaar verdiende sente wat nog nie deur inflasie opgevreet is nie, ook gee.  You are damn right – ek was onder n klip.

Gisteraand se 7de Laan het my perspektief op my belasting probleme gegee – veral die stukkie waar jy vermaan word dat jy sal tronk toe gaan – die wet oortree – ugh!!

Vanoggend toe ek die lang “tou” belasting kantore toe aandurf – via internet natuurlik, loop ek my vas teen toe deure, onvriendelike mense en moeilike papierwerk – wat het nou eintlik in hierdie belasting jaar verander???

Nou gaan ek terug na die e-filing soutmyne – ek gaan weer een keer probeer en ek sal seker aanhou om nog een keer te probeer tot ek dit regkry – maar is dit regtig nodig dat dit sooooo moeilik moet wees om vir die regering geld te gee.  Ek kan sweer dit moet so maklik wees soos om die rente koerse te verhoog – dit is 1-2-3 verby – jy sien dit nie eers kom nie!  Nou moet n mens so sukkel om jou geld weg te gee – en jy weet nie eers waarvoor nie – seker nog n “wing” vir een of ander stadion – 2010 is oppad – onthou!!  Bogger die Vigswesies sonder kos en klere – 2010 is ons fokus!!

R

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan

4 Kommentaar op “www.SARSefiling… Insanity!!”

  1. Jaco Says:

    Ons het dit maar op die ou manier gedoen. Dit is vanmore douvoordag in die Sars posbussie gedeponeer.

    Nou vir die lang wat vir die uitslag, en dat die groot geveg.
    Same procedure as every year James. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde!

  2. Marina Says:

    Ek vermoed baie mense deel vanoggend jou “gevoelendhede”. Ek hoor ook die laaste paar dae “tale” hier langsaan uit manlief se kantoor!!

  3. Dellie Says:

    Nee genade, dis hoekom ouditeure het! 😆

  4. Da Mario Says:

    Jy weet, ek het my ou dokumentjies gevat per hand na Kerkplein waar SARS ‘n tent gehad het. 11 uur die oggend het ek doodluiters opge-pitch, na ‘n dame gesuiker en rustig die ding vir haar gegee. Geen toue, geen niks nie. Rustig….
    E-filing se moer! 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: