Matriek Eksamens …… Eeeeeek!!!

Goeie more allie vrinne!

My senuwees is klaar, ek het laasnag omtrent niks geslaap nie en nou betaal ek.

Corle skryf vandag haar eerste Matriek eind-eksamen – Marketing.  Die vak wat sy die meeste vrees behalwe wiskunde.

corle-eksamen-foto.jpg

Haar senuwees is op, sy is tranerig en snotterig en dit help my net mooi niks, want ek wil saam huil.

Sy is NOU besig om te skryf – in die community centre in Edenvale – en my hart is daar.

Kan almal asseblief help bid!  Sy is goed voorbereid, sy het hard gewerk en haar deel gedoen, maar ons is maar almal senuagtig en vol calmettes geprop.

Lekker naweek aan almal.  Geniet elke oomblik.

Hierdie naweek is rustig in die Potgieter huis – of so rustig as wat dit daar kan wees.  Volgende week is die groot Banket en daarvoor is my senuwees nou effe klaar.

Ek het al die Weermag ettiket boeke opgeswot en weet goed wat geen vrou ooit moet weet nie, (in watter rang-orde moet n pis-lelie gebruik word as daar meer as een man op n slag opdaag – hehehehe) maar ek is reg.

Mooi bly, praat Maandag – hou aan bid asseblief – net so 2 wekies dan is alles verby.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan

7 Kommentaar op “Matriek Eksamens …… Eeeeeek!!!”

  1. Dellie Says:

    Dankie tog myne is klaar! Baie sterkte vir julle twee, ma stress mos gewoonlik dubbel soveel!

  2. Jeannie Says:

    Hi Koeksie,

    Mis jou baie, hoekom chat jy nie meer nie
    Sterkte my sussie se 2 kiddies skryf ook nou matriek so ek bid vir hulle ook

    Lekker naweek

  3. Marina Says:

    Koeksie, Ek is 2 jaar terug saam met Clarissa daardeur. Al wat ‘n ma kan doen is saam bid,koffie aandra snags en tissues en drukkies uitdeel!! Baie sterkte!

  4. Tersia Says:

    Eks darem nog nie by die matriek-gedeelte nie, maar ook eksamens…..daarby dra al die emosies van die tyd van die jaar ook toe tot almal se attitudes!! Dit maak my klaar! Asof ek nie ook gevoelens het nie!
    Liefies

  5. BB Says:

    Sterkte daar! xx


  6. Hoop dit het goed gegaan. Sterkte vir julle

  7. Da Mario Says:

    Se vir my engeltjie ek hou duim vas vir al haar vakke!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: