Tag …

Baie dankie aan my dierbare vriende Jaco en Voetjies vir die geleentheid om my siel bloot te le – hel, julle het my omtrent met my broek op my kniee gevang…

Ek gaan probeer, maar my lewe is nie so interessant soos julle s’n nie – bear with me!

8 Feite:

1.  My hele familie dink ek is prematuur gebore (2 maande) en dat dit n absolute   wonderwerk is dat ek lewe – ek ken die waarheid.  My arme ouma dink seker nog steed ek die “miracle baby”.  Mooi Ma!!

2.  Ek het my ander helfte ontmoet in Saldanha – Februarie 1984.  Hy was die Bevelvoerder van die Berede Eenheid en ek het my standerd sesse na hom geneem vir perdry-lesse.  Deel van hulle “ontgroening”.  Guess who was “ontgroen”.  Ek is aan die vlagpaal voor die stalle vasgemaak aan die toutjies van my splinternuwe sweetpak top en daar gelos tot ek hom om verskoning gevra het vir iets wat ek nie eers meer kan onthou nie.  Hoekom van n mens vir mans met dimpels?

3.  Ek is eintlik, in my hart, n onseker girl wat hou daarvan om mense te “please” – go figure – een met so n groot bek soos ek.

4.  Ek is een van die “boys” nie een van die girls nie.  Ek is mal oor mans geselskap want hulle oordeel nie so maklik nie en dit is baie makliker om oor n tackle te praat of oor Formula 1 racing as oor babas en skoentjies en puke handdoekies en die prys van doeke.  Ek wil weet waar n kar se petrol pomp sit en hoe n enjin werk, ek weet klaar hoe baba’s werk.

5.  Ek kan die generator by die werk oorskakel.  Ek is die enigste een in die kantoor wat kan, want ek het opgelet.

6.  Ek wil n juffrou word as ek groot is – n graad 1 juffrou.  Groot drome hierdie.

7.  As ek onseker voel oor myself of die situasie waarin ek myself bevind en ek weet nie waar om n oplossing te kry nie, maak ek n verandering aan myself.  Sny my hare, koop n nuwe baadjie…  Dit gee my die moed om soms n moeilike besluit te neem oor my lewe.  Ek haat “change”.

8.  Ek is mal oor die Army.  Ek wou altyd self Army toe gaan, maar in my tyd was ek te kort en te klein ens. ens.  Nou lewe ek myself uit in my man se loopbaan wat soms moeilik is vir hom, want ek hou daarvan om hom voor te se.  Dit maak hom mal.

Nou ja, ek hoop dit was nie so boring as wat ek gedink het nie. 

Wie sal ek nou tag dink julle….. Hou julle mail dop!!

r

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

8 Kommentaar op “Tag …”

  1. Marina Says:

    Dankie Koekssss!
    Nr3. Selle hier!
    Ek laaik die vlagpaal storie ๐Ÿ™‚

  2. Dellie Says:

    Ek lag lekker vir jou vlagpaal storie – kan nogal die prentjie sien! En ek kuier ook baie lekker saam met mans. Maar ek weet nog steeds nie hoe werk ‘n kar se engine nie! ๐Ÿ˜†

  3. sonstudio Says:

    Glad nie boring nie!
    Hoe lank het jy aan die vlagpaal gehang? LOL


  4. ‘n Graad 1 juffrou! Vrou, jy’t BAIE guts. Ek kom nou net van ‘n piekniek af met 50 kindertjies tussen 3 en 7 jaar oud. Heaven help me! Ek kan nie meer nie.

  5. Mengelmoes Says:

    Gr1 Juffie nogal, as jy myne help tem dan slaag jy, ere balkies, diplomas de lot. Pos beskikbaar hier vir jou ๐Ÿ™‚

  6. platterfuss Says:

    Interestinggggggggg! HEHE!!

    Hey, ek dog jy het die dure kamera gekoop? Ek dog nogal ek ‘beny’ jou…. en toe mors ek my ‘beny’! HEHE!!!!!

  7. marat Says:

    Hehehehehe . . . u funny! ๐Ÿ˜‰

  8. Da Mario Says:

    En RSM’s hou hoeka so baie daarvan om vertel te word wat hulle moet doen!! ๐Ÿ˜†


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: