8 slapies…

geddes380.jpg

Toe ek klein was het my ma altyd vir ons n kalender gemaak om die slapies af te tel na n belangrike geleentheid. Op hierdie manier het skooltoe gaan of vakansies of by ouma gaan kuier vir ons n ding geraak waarin almal deel kon neem.

Soos met Kersfees het die uitsien so gegroei dat ons later nie meer kon slaap nie. Mamma moes boeke lees en weer vertel en dan het ons vir Liewe Jesus gebid dat almal gesond sou wees voor die gebeurtenis.

Ek het presies dieselfde met my kinders gedoen.

Corle het gisteraand die kalender uitgehaal, die prentjies afgestof en dit in die kombuis gehang met die nuwe “heading”. Nou begin ons die ritueel van die trekking elke aand, die tel van slapies. Wie se beurt dit is om n prentjie te kies – net soos toe hulle klein was.

Hierdie is die eerste jaar in baie jare wat ons nog nie Kersbome en versierings in die huis op het nie, bloot omdat ons nie Kersfees hier gaan wees nie, maar ook omdat die “spirit” ontbreek het. Nou met Corle se Kalender lyk dit asof daar tog n Kersfees gaan wees die jaar.

Die mood in die huis het tasbaar gelig. Almal het gisteraand met n lied in die hart gaan slaap – en vanoggend met n glimlag die Kalender gade geslaan – nog net 8 slapies.

Ek is seker daarvan elke huishouding het sy eie spesiale goedjies, maar die een maak my hart warm.

Ek klink n glasie op elke spesiale Kers-liefie in elke huis.

Liefde

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “8 slapies…”

  1. marat Says:

    Tjorts! 😀


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: