Dachshund Drama – deel 2

More almal – Geseende en wel verdiende naweek aan ieder en elk!

Ek is opreg dankbaar om te kan rapporteer dat een klein worshondjie weer blaffend en stert swaaiend, albeit met moeite, sy mamma in die huis verwelkom het gisteraand.

Hy het geeet, sy neusie is nat en hy het vanoggend vir die eerste keer weer sy melkies gedrink.  Ma se hart is vol.

Hy voel beter, het selfs met die witbrak gespeel, maar word gou moeg.  Baie dankie vir die omgee – hy is regtig my vierbeen kind en ek dink nie pa sal dit oorleef as iets met hom moet gebeur nie.  Hulle het nog nie n kans gehad om saam te gaan Nigies uitsnuffel of insypelaars vang nie, so hierdie is n tweede kans om drome te laat waar word.  Pa en sy polisie-wors.

Dis naweek, uiteindelik! 

Ek het gister my eerste twee  bevestigings gehad (betaald) vir die Valentyns Bal, so dit voel asof dinge begin bymekaar kom.  Ek wil so bitter graag n sukses hiervan maak, ek hoop almal wat moet saam speel doen hulle deel, ander sal ek hulle net irriteer tot hulle hulle deel gedoen het. So ken mense my maar.

Lekker naweek aan almal.  Moenie te veel dink oor Maandag nie, dit kom van self.

Liefde

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan

4 Kommentaar op “Dachshund Drama – deel 2”

  1. krista Says:

    Ek is soooooooooooooo bly dit gaan beter met die worsie. Daar is niks wat so “af” lyk soos ‘n “af”-worsie nie. Twee van ons s’n (Jonty en Taxi) gaan volgende Dinsdag tandarts toe vir ‘n skoonmaak sessie onder narkose. En ek het so ‘n vermoede dat Die Wosonki minus ‘n paar tande gaan terugkom!

  2. Marina Says:

    Ek is bly die vierbeen baba is beter!!!
    Sterkte met die bal!

  3. Dellie Says:

    Ja nee, ‘n siek worshond is ‘n vreeslike ding! Baie bly dit gaan beter. Lekker week vir jou!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: