Ek is mal oor die Army!

Ok, dis offisieel. Ek het mal geraak. Absoluut mal oor die Army!!!!!

Gister was ons eerste parade van die jaar en Saterdag wat kom, die tweede. In die tussentyd is daar balle en braais en gesels en kuier – dis ongelooflik.

Sondag was n grote – die Infantry Memorial Service. Daar was blomme en mense en kos en kuier tot jy flou is. Dis gewoonlik as die usual suspects, maar soms word jy verras deur mense was jy lank laas gesien het en dis soos n familie byeenkoms. Dit was nat. Baie nat. Ek het weer foto’s geneem so ek was sopnat teen die einde van die parade. Dan is almal so besorgd oor jou – ek is seker maar n attention-sponge, maar dis baie lekker om waardeer te word.

Ek is mal oor die Army. Mense wat jou soos lank verlorenes groet, dis lekker om te weet jy word waardeer vir wat jy doen.

Right, die worshond is terug. Dit was bietjie touch and go Saterdag, maar hy is terug met mening. Die dokter wat hom Saterdag gesien het (n locum) het gese daar is n kiem in die wand van sy linker long (how the hell they know that…. eish), maar die antibiotika is baie sterker gemaak, die waterpille is gehalfeer en die hartpille is weg gevat tot die kiem dood is. Daniel Gabriel Worshond Potgieter is terug with a vengence.

Daar word baklei met die withond, gespring op die meubels, gevreet asof more afgelas is en … boeta drink weer sy melk. Halleluja!!

Dankie vir almal se mooi wense – dit het baie gehelp.

Nou moet ek waai, dit Maandag en die hel draai in die kantoor.

Rachelle

PS. ek het n werksaanbod gekry nader aan waar die kinder skoolgaan. Help bid asseblief. Die ryery maak my moeg en die petrol maak ons dood.

Groete

Ekke

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Ek is mal oor die Army!”

  1. krista Says:

    Ek is baie bly Daniel Gabriel is terug!

  2. Da Mario Says:

    Jy dink dis nou eers official dat jy mal is?? 😈

  3. Tersia Says:

    Sterkte met die aanbod en die besluite wat jy neem!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: