Steve Hofmeyr…

Ek wonder hoeveel mense op daai blog staan agter die deur en is maar te Goddank bly hulle kry Steve daar sodat hulle sonde nie so groot lyk nie … hy is mos darem a Celebrity.

Ek wonder hoeveel mense haal nou balke uit sy oog, maar kyk gerieflik verby die splinters in hulle eie.

Ek wonder hoeveel mense het al klippe opgetel om te gooi, maar vergeet dat hulle self tot by die skouers in die sand begrawe is.

Hierdie het niks met my te doen nie en ek wil vandag onomwonde verklaar dat ek nie weer Steve se site sal besoek totdat die hypocrites wat hulle daar bevind n slag hand aan eie boesem geslaan het nie. Ek is skaam om te sien hoeveel mense hulle self verlekker in n ander se hartseer, pyn en skande – soms wil ek enige ander nasionaliteit as Afrikaner wees.

Steve, wat jou sondes ookal, dit is jou besigheid, ek het dit nog altyd gese, mense weet hoe ek voel – sterkte vriend. Die lewe is moelik genoeg om nie nog nodig te he om dit in die publieke oog te lewe nie. Mag jy krag en veral Genade ontvang om met die een te deel. Julle as familie.

Groete

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan, Uncategorized

5 Kommentaar op “Steve Hofmeyr…”

  1. krista Says:

    Ek s mos “dat hy wie sonder sonde is, die 1ste klip gooi . . .” EK is nie impressed met wat hy gedoen het nie, maar ek maak dit nie my saak nie.

    Synde dat jy so aanhou, het ek maar tog toe ‘n nuwe post opgesit by Wosonki.

  2. krista Says:

    Hoekom verdwyn my comments? Is ek nou sp@m?

  3. Amanda Says:

    Waar woorde!!

  4. BB Says:

    Ditto Koeksietjie! x


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: