Om n fool te wees..

Om n fool te wees is blerrie harde werk. Jy moet al jou inhibisies oor boord gooi, al die dinge wat jy in jou lewe geleer het – dit wat werk en dit wat nie werk nie.

Dan moet jy al daardie ervarings, goed en sleg, meng met groot hoeveelhede rooiwyn en n knippievernedering (dis gewoonlik die volgende more) – engroot, groot hoeveelhede hoofpyn tablette en koffie. (Coke help, maar koffie is beter).

Dan sit jy nou terug en kyk vir n fool in die spieel.

Ek het gisteraand probeer om van die k@k wat in my kop vasgesit het oor die job ontslae te raak, ek het ongelukkig agter gekom dat ek net vir myself meer k@k gekoop het – en nog steeds moet deel met wat dit ook al was wat die hele storie begin het, net met n hoofpyn waar dit voorheen soveel makliker was daar sonder!!.

Eendag as ek groot is, gaan ek ook weet waar mense se fasinasie met rooiwyn vandaan kom, tot dan moet ek my kinders red van die euwel van drank – as ek dit nou alles uitdrink kan hulle mos nie seer kry nie…hehehehe

Wel, tot hierdie moerse barbie uiteindelik weg is se ek totsiens – moenie my jammer kry nie ek het dit aan myself gedoen – ek moet se, ek voel beter oor die job maar slegter in my kop.

Koeks

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Om n fool te wees..”

  1. Jaco Says:

    The cause of, and the solution to most of life’s problems lies at the bottom of the bottle.

    Sterkte met die hoofpyn, that to will pass!

  2. Koeksuster Says:

    Jaco, jou wyse, wyse mens!! Ek het nou al n 100 keer gesien dit werk nie – nie eers vir vergeet nie, maar hel, dis rooi, dis nat, dis lekker…..

    Dis te veel – ugh.

    Ek gaan gou nog twee myprodols drink – dankie pel.

    R

  3. Dellie Says:

    /me bring vir jou ‘n regmakertjie – dis al wat help! 😆

  4. boegels Says:

    Nice blog, eerste keer dat ek hier kuier. Kom besoek my gerus http://boegels.wordpress.com/

  5. krista Says:

    ((koeks))


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: