Ai, alweer Maandag…

Ek is gatvol vir Maandae… Hulle hou te lank aan – daar is oor die algemeen 60 meer ure in n Maandag as in enige ander dag van die week – en hulle word almal ingeprop tussen 8uur en 5uur. Ugh.

Die enigste ding van hierdie Maandag wat dit effens meer draaglik maak, is dat dit heel waarskynlik die laaste Maandag by Kirchmann-Hurry is. As hulle my nie laat gaan nie, gaan ek abscond. Ek kan nie my nuwe baas langer aan n lyntjie hou nie – hy raak bietjie moeilik.

Wat my so effens afpis is die feit dat ek moes spring en planne maak toe ek by G5 weg is sodat ek so gou moontlik hier kon begin werk. Dit het ek gedoen, en was binne n week hier. Nou dat ek dieselfde hulp vra word die kontrak voor my kop gegooi. Snaaks hoe my kontrak met G5 hulle glad nie gepla het toe hulle my hier nodig gehad het nie.

Ag well, soos ant Stienie se, all is not lost – ek sal maak kyk wat ek kan doen.

Dalk het julle vir my raad – laat my asseblief weet.

Lekker Maandag aan ieder en elk – myne se tyd wil nou maar eenmaal nie uitloop nie.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Ai, alweer Maandag…”

  1. BB Says:

    Ja man! Elope!! voel hoe voel die Hollywood sterre wat in Las Vegas loop trou 😉

  2. wit perd Says:

    Ai tog,doen wat jy dink die beste is, jy ken jou omstandighede. Hoop jou dag gaan sommer vinnig verby!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: