Goeie Maandag More…

Dis vir die eerste keer in baie maande lekker om in die oggend op te staan en werk toe te kom…

Vandag is n stadiger dag as laas week. Die baas doen die Boad Meeting ding en ek is in die kantoor gelos om te kyk of ek kop of gat kan uitmaak van n filing system wat ek tot my ongeloof agter gekom het, nie eers bestaan nie. Daar is nou vir jou n ding!

Aan die eenkant is dit stunning want ek kan van voor af begin, aan die ander kant is dit onrusbarend, want wat de hel het van die goed geword wat oor die drumpel gestap het voor ek hier gekom het??

Maar nou ja, dis n probleem vir n ander uur..

Ons was die naweek bietjie na Ouma toe in Carletonville. Nou dat die worsies iets van die verlede is kan ek nie dink wat ons sonder n Saterdag gedoen het nie.

Ek het vir Ouman lap geverf vir haar tuin tafel, dit het pragtig gekom, en is aangebied saam met n mooi “onderlap” van chiffon in die mooiste seegroen. Ouma was in trane en ek het punte gescore asof daar nie n more is nie. Na 21 jaar worry ek nog steeds oor punte score – bid jou dit aan – met die RSM wat lyk asof daar nog nooit hongersnood in die land was nie… En ek probeer punte score – hehehe

Die kinders – Jeanne was vir die eerste keer in 7 maande saam – is gruwelik bederf, soos altyd. Ouma het nou maar een maal geen keer as dit by die Oupa se bobbejaantjies kom nie, en ek en Johan het net rond gele… Die perfekte naweek!

Ons het vir Alex – Corle se Skotse aanhangsel ook saam geneem, die kind kan nie glo ons Boere-mense eet soos ons eet en le leeg soos ons leegle nie. Culture Shock of note!

Geniet julle Maandag – ek weet ek gaan. Sien julle more.

Rachelle

PS. Da Mario, ek het die artikel vir die RSM aangestuur, sal wag vir sy reaksie en jou op hoogte hou!

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan

6 Kommentaar op “Goeie Maandag More…”

  1. BB Says:

    Lekker man!! mis ek my ouma nou sommer baaaaaaie! 😦 – anyways – ek het darem eks-aangetroude-stief-skoon-familie daar in Balfour se wreld – oppie plaas – en hulle hou aan nooi – en daar hou mens ook nie op eet en rondl vir ‘n salige 48 uur aanmekaar!! Sal bietjie bel en die yster weer warm maak (of so iets seg die spreekwoord mos??)
    Ek’s bly jy’s happy by die werk! x

  2. Skoor Says:

    Jy’s bevoorreg om nog ‘n ouma te he.

  3. Koeksuster Says:

    Dankie Biebels!! Ja, elke een kilo wat ek verloor maak Ouma twee keer oor tel as ek daar aankom.

    Ek is mal oor my werk – veral die lunch perks wat ek kry. Ons het vandag juis weer gaan lunch saam met General Motors – ek kla nie!!

    R

  4. BB Says:

    Koeksietjiekie – jy moet pasop vir daardie lunch-perks!!! Oor 6 maande sit en ruil jy heeldag diete uit op die #sssb!!! 😆

  5. Dellie Says:

    Lol @ BB…

    Hi Koeksie, ek was lanklaas hier by jou. Moes gou opvang met al jou doene en lates, maar dit klink vir my of jy hierdie jaar aan die horings beet het, en vir hom bloots ry. Lekker man!

    Jip, waardeer daai Ouma van jou. Myne is so 10 jaar terug oorlede. Sy het altyd na Liefie verwys as “die ou bleketjie”! Hy het daardie tyd pal ondergrond gewerk, en maar min son gesien. Ek mis haar!

    Lekker week vir jou verder!

  6. Da Mario Says:

    Moet ek nog lank wag sterretjie?? 😆
    By the way, ek dink nogsteeds Alex is die gelukkigste ou in Gauteng… 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: