Alweer Maandag…

En tussen in gebeur daar niks…

Dit was n stunning naweek van potjiekos kompetisie en rondle.  Elke oomblik die moeite werd, maar teen Sondagaand begin ek kriewelrig raak – om by die werk te kom.  Glo dit net as julle wil!

Saterdag het ons n Gesinsdag – Potjie kompetisie by die Transvaal Horse Artillery gehad.  Dit was regtig lekker.  Dis so n gesellige klomp mense bymekaar.  Ons het die middag stukkend gekuier en ge-pot… en toe kom die reen!!  Ek kon darem n tweede prysie losslaan met n skaapnek en rooiwyn potjie met mushrooms – dit was stunning.  Die kinders het 4de ingekom met hulle hoender en bacon pot met room.  Albei baie lekker.

Sondag het ons lekker by die huis rond gehang. 

Lekker om te ontspan…

Hierdie week is vol dinge.  4 Presentations (ek moet heinde en verre ry, so my gebeds kwota is op datum – ek is sooooo bang ek kom in Nelspruit uit is ek Midrand toe moet gaan.  Totaal en al rigting bedonerd!!)

Geen verdere petrol prys verhogings op die horison nie – in elkgeval nie tot die einde van Maart nie, maar ek sal julle op hoogte hou. 

Hier is tog n tip vir die wat petrol in hulle motors MOET gooi.  Doen dit altyd so vroeg in die oggend as moontlik.  Dit het te doen met die temperatuur van die petrol en as gevolg daarvan, die “digtheid” van die petrol, of so iets, maar die petrol verbruikers raad se dis die beste tyd om in te gooi.  Wanneer dit koud is!!

Sterkte vir julle week.  Wanneer ek n kans het sal ek weer van my laat hoor.  Lekker week.

Rachelle

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Alweer Maandag…”

  1. Jeannie Says:

    Hey Koeks,

    stuur vir my jou nuwe email adres asseblief

    wil iets by jou hoor

  2. Koeksuster Says:

    Jeannie en almal wat dit wil he:

    rachellep@econometrix.co.za

    Dit sal so lekker wees om van julle te hoor!!

    Kan iemand dalk vir my Rene se email adres gee, ek het dit in die “trek” verloor.

    Rachelle

  3. rb Says:

    Ai Koeks, ek is so jaloers op jou wat al by die nuwe werk is. Het jy alweer iets van die mense by die ou werk gehoor?
    Ek het ook laasweek UITEINDELIK bedank en moet nou 4 weke kennis werk. Ek het so baie verlof dat ek eintlik vandag op verlof kon gaan tot die einde van die maand en dan by die nuwe werk begin, maar hulle wil niks weet nie. Gelukkig nog net so 21 slapies dan hoef ek nie meer tussen die stof en in die son te wees nie!!!
    EN die bonus, EK IS DAN SATERDAE AF!!!!

  4. Koeksuster Says:

    rb,

    Ek hoor gereeld van die mense by die ou kantoor. Ons is nou in daai fase waar n mens agter jou rug sleg gese word. Jy weet mos, jy kon nooit iets reg doen nie, so ook maar goed dat jy weg is – dit pla my maar min. Ek is baie gelukkig. Vlieg gou more af Kaap toe vir n presentation. Dis baie lekker.

    21 slapies is nie so baie as jy moet wag vir vakansie nie, maar as n mens moet wag vir n nuwe werk kan dit soos n jaar begin raak.

    R


  5. Dis dan amper Vrydag hier…?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: