Daai Gewiggies…
Vir baie lank sukkel hierdie pop nou al met die gewig. Toe 40 slaan, slaan die vetjies terug en van daar was dit afdraend al die pad, soos meeste van julle sal weet.
Jaco van Wosonki-faam het my oor die eerst hobbel gehelp met n “verjaardag weddenskap” wat hy los hande (en voete) gewen het. Toe kom al die mense by wat ook wou skraal word – dit was groot fun!!
Vandag kan ek trots die volgende bekend maak:
Ek het – sedert my en Jaco se eerste Tjoklit-koek weddenskap n hele 17 kilogram verloor en is sedert gister terug in 34 broeke en rompe.
Daar is geen groot geheim nie. (Die cardboard ontbyt het net so lank gehou). Daar is geen 8 glase water n dag nie – geen snaakse oefen programme nie – net Koeks wat haar lyf wou terug he. Ek is baie trots vandag…
Hoe gaan dit met al die ander (lees Dellie) wat saam met my die uitdaging aangepak het??? Laat weet hoe julle vaar asseblief!
Die res van die week is redelik rustig, ek dink ek behoort n bietjie meer hier uit te kom. Sal sien hoe dit gaan.
Sterkte aan almal vir n stunning week…
Rachelle
Maart 11, 2008 at 8:57 vm
Heerlike sonskyndag wat ons het ne?
Maart 11, 2008 at 12:16 nm
Wonderlik Jaco, lyk my net ons gaan dalk bietjie reen kry!
R
Maart 13, 2008 at 9:05 vm
/me staan en cheer langs die wenstreep ๐
Maart 13, 2008 at 5:46 nm
You go girl! Uitstekend. /me high five vir Koeks
Maart 14, 2008 at 8:45 vm
Baie trots op jou.
Snaaks toe ek vanoggend so swoeg met push ups (rerig) toe wonder ek nogal oor almal wat laasjaar so getrou begin het.
Jammer om te s๊ ekke het nog nie veel verder gevorder nie. Die Desember was net te lekker en ek sukkel om weer by einde laasjaar te kom, moet nie eers praat van die 12 wat nog oorbly nie.
Ek hoop maar die nuwe werk sal bietjie help.
Maart 14, 2008 at 9:37 vm
Jy gaan stunning wees rb. Gee net kans – jy sal sien.
Wanneer begin jy met jou nuwe werk??
r
Maart 17, 2008 at 8:01 vm
Mmmmmmmm! Jammer om jou bubble te bars vriendin… maar OUDERDOM MAAK MENS NIE VET NIE…..
Te veel en verkeerd VREET maak mens vet!!!!! Eish!!!
Plaas ‘n foto dat ons ook die moerse verlies kan sien? Vinnigggggggggggg seblief?
Maart 17, 2008 at 9:09 vm
Hi Plattie,
So gou as ek kan. By die werk gaan dit dol en ek kry nie regtig tyd om asem te haal nie.
Jy is reg, die lekker eet maak n mens vet. Solank dit nou net weer afkom is ek happy.
Hoe gaan dit met jou??
Maart 17, 2008 at 11:08 vm
klaar getrek, nou kuiertyd! Hehe!
Maart 19, 2008 at 5:53 nm
Ai koeksuster, ek wens ek het jou wilskrag gehad. Ek sukkel nou al vir 9 maande om my oortollige postpreggie gewig af te kom. Nie ‘n maklike taak op 39 nie. En ek weet hoekom ek dit nie afkom nie. Ek is te moeg vir oefen (pajamadril) en so uitgeput in die oggend. Die ENigste ding wat my dan aan die gang kry is my sugaroverload! Hehehehe. ๐
Maart 25, 2008 at 6:18 vm
Jinne, maar dis stil hier… ๐ฆ
Maart 25, 2008 at 7:56 vm
Stiller as i landmyn!! ๐ฆ
Maart 25, 2008 at 11:30 vm
Ek weet nie wie hierdie gediggie geskryf het nie. Ek het dit op ‘n Nederlandse site te๋gekom.
WAT MAAK VET…..?
Al die lekker souse, die bredies en die pap,
al die stukkies vet in elke hap!
Koeke, terte en vleispasteie,
alles wat die o๋ sien, al die lekkernye!
My klere span – my broek bars uit sy nate –
ek voel so selfbewus en verlate!
O! die ewige stryd met die dieet –
alles wat ek sien wil ek net (vr)eet!
Die drang na kos wil my nie los –
soos n roofdier se lus na vleis – in die bos!
Ek kry myself jammer – ek kan myself nie keer,
die eetlus kan ek glad nie ignoreer!
Die tuisnywerheid is onweerstaanbaar-
hoekom moet ek net koek eet as ek verjaar ?
Varsgebakte brode, konfyt en smere –
my mond kwyl en my maagsappe gaan te kere!
Ek wurg aan rou groente en blare – n nagmerrie droom!
ek soek kaas, soetgoed, stysel en room.
Om nie te praat van die heerlike braaivleis –
en die geurige bobotie in die plaaskombuis!
Wie s๊ vet is teen die wet?
Ek slaap lekker op my eie dubbelbed!
Maart 27, 2008 at 3:18 nm
Baie geluk Rachelle! Wens ek kon ook so praat!
April 1, 2008 at 9:44 vm
En wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie? Nee sus, jy maak mos nou nie mooi nie . . . wat vanni nuwe post virri slag?
April 1, 2008 at 10:06 vm
Aai jinne… Blog jy nog? ๐
April 2, 2008 at 7:43 vm
Well done! Ek is baie trots op jou.
Uhm, nee, ek het nog niks verder gevorder nie. ๐ณ
Maar die son skyn lekker hier by ons ook!