Lekkerrrrrrr … dis naweek!!

Ek sien al die hele week uit na hierdie naweek, nie omdat iets earth shattering gaan gebeur nie, maar sommer maar net.

Ek gaan verf, dis altyd lekker en die kinders gaan party, dis ook mos altyd lekker.† Pa het Army – dis nie altyd so lekker nie, want hy kom bemoerd by die huis en wil dan sommer die hele familie soos troepe hanteer, maar dis ook OK.

Krista, ek is jammer oor die foto, dit was n effense slippie – ek is nie by my eie rekenaar nie, maar sal dit so gou moontlik opsit.† Miskien, as ek gelukkig is, kan ek Maandag sommer foto’s van die nuwe lappe ook opsit.†

Ek het dan ook, soos ek al so lank al belowe het, n lap begin met twee worsies op.† (Die beloofde sal weet wie sy is).† Hulle lyk nog nie soos worsies nie, maar hulle is vinnig oppad.† Ek hoop ek dons(lees doner)†hulle nie op nie.

By die werk gaan dit great.† Ons is baie besig, maar ek het n wonderlike baas wat weier om na 4uur in die middag te werk – hy se hy het lankal sy deel gedoen, en ons begin nooit n minuut voor 8uur in die oggend nie.† Bogenoemde natuurlik as daar nie presentations is nie, maar dan kry ons brekfis of aandete uit die deal – ons kla nie.

My kinderlinge is vol stront, niks snaaks nie.† Jeanne het toe haar studie materiaal gekry en is kliphard besig om te swot om jong breintjies op te neuk, Corle se matriek jaar fase haar nie en het haar ma heeltemal gek en Jaco ploeter voort op sy gewone trant aan.† Kyk, daai is nou n kaksoek fabriekie op twee bene.† Ek het in my lewe nog nie iemand gesien wat mense so kan treiter nie.† Sy arme sussies kry nie n oomblik se rus onder daai mannetjie nie.† Hy trek hulle siele behoorlik uit en is dan ewe onskuldig wanneer hulle hom vas vat.† Tipies mansmens…

Dit gaan n stunning naweek wees – ek hoop julle het almal net so n nice een soos myne!!

Wanneer kuier ons weer n bietjie – enige idees???

R

Advertisements
Explore posts in the same categories: Elke dag klets en moan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: