Eina Pyn!

My arme man het sy arm, eintlik sy skouer, baie seer gemaak. Hoe het ons nou nog nie vasgestel nie, maar dat die ou in pyn is is nie eers snaaks nie.

Saterdag aand kla die man steen en been en ek gee maar Myprodol (die antwoord op elke vraag)!!

Sondag is dit nog nie beter nie, maar die dokter is op lang naweek en nog Myprodol word voorskryf deur die suster (lees ma) aan diens.

Maandag nag, niks geslaap nie, want pa kan nie op die sy le nie.

Gisteroggend bel ek die dokter en sy se dit klink soos inflamasie (klink soos iets wat my ouma sou se) van die joint in die skouer.Daarwaar al wat n spier en n been aanmekaar geplak is. Pa se, ja, dis hoe dit voel, behalwe, op die stadium val alles uitmekaar. Die dokter se die beste sou dan ook wees as hy onmiddelik vir haar kom siensodat hulle dit kan uitsorteer. Johan se nee, hy sal maar kyk hoe lyk dit Woensdag – famous blerrie last words…

Laas nag was n nag – soos Hilda se – ek het nie n oog op mekaar gesit nie. Ek het hom 10uur in die bed gesit met cataflam en ingevryfde skouer – 12uur is die man op en loop die gang op en af.

Die worshond hardloop agtera “Pappa, Pa, waa gan jy, ons moet slaap – O, OK, kombuis toe, dan is dit seker tyd vir melk” – so hop Junior op en af in die gang – en ma is wakker.

Na 12uur – geen rus in die huis nie. As Pa roer is Junior by en wikkel die lyfie van skone blydskap oor Pa regtig, egtig wakker is en is daar dan nie nog n lekseltjie melk nie…

Vanoggend het die dokter nog skaars haar jis op die stoel gesit, toe plak pa sy jis oorkant haar vas. Genoeg is nou genoeg!! (Kan julle my stemmetjie daarin hoor??). Die dokter spreek toe haar woord en wragtag – Inflamasie van die skouer se aanmekaarkomdinggedeelte! Dis mos wat ek ook gese het.

Nou is hy huistoe gestuur met streng instruksie om homself stil te gedra. Ons sal maar sien – ek kan myself nie regtig so n prentjie indink nie, maar ons hoop maar vir die beste. Solank ek net vanaand kan slaap – seblief, en nie weer die “dit brand soos n kool vuur en dit klop so -”met vingers in die lug – julle weet mos” – aanhoudend – storie moet aanhoor nie (veral nie 4uur in die more nie).

Ek hoop julle weke verloop effe minder kloppend en brandend…

Suster Potgieter

Advertisements
Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Eina Pyn!”

  1. rb Says:

    Hoop jy slaap lekker vanaand.

  2. BB Says:

    Ai, ai, aaaaai toggie!!! 😕
    Sterkte daar Koeksietjie!! x

  3. Roer Says:

    Ai tog. Simpatie. Die liefde het mos nou die dag sy skouerbeen gebreek so ek verstaan. Sterkte.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: